Vrou beweer Grace Mugabe rand haar aan

Gabriella Engels beweer dat Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe, haar aangerand het. Foto: ANA

Dit is onduidelik of daar amptelike ondersoek deur die Suid-Afrikaanse owerhede ingestel sal word nadat bewerings Maandag aan die lig gekom het dat Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe, ʼn jong vrou Saterdag in Sandton in Johannesburg glo aangerand het.

Daar word beweer dat pres. Robert Mugabe se vrou die 20-jarige Gabriella Engels met ʼn verlengingskoord aangerand het nadat Grace Mugabe haar in die geselskap van haar [Mugabe] twee seuns gevind het. Engels het beserings aan haar kop en kneusplekke op haar lyf opgedoen.

Volgens berigte was Mugabe in Suid-Afrika om mediese behandeling te ontvang. Engels beweer sy was saam met Mugabe se twee seuns, Robert jr. (25) en Chatunga (21), by hul woonstel in Sandton toe sy aangeval is. Die Mugabe-seuns was glo onvas op hul voete ná ʼn lang aand se gekuier.

Engels het foto’s ná die aanranding gedeel waarop ʼn sny op haar voorkop gesien kan word. Sy beweer dat Mugabe haar in die teenwoordigheid van verskeie persoonlike veiligheidswagte aangerand het.

Die departement van polisie het Maandag gesê die bewerings deur Engels word deur die departement van internasionale verhoudinge en samewerking (Dirco) hanteer. Vuyo Mhaga, woordvoerder van die departement van polisie, het alle navrae na Dirco verwys. “Praat net met Dirco. Daar is niks wat ek in dié stadium kan sê nie,” het Mhaga gesê.

Gabriella Engels beweer dat Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe, haar aangerand het. Foto: ANA

Nelson Kgwete, woordvoerder van Dirco, het egter gesê die saak het nie iets met hulle te doen nie. “Ons hanteer nie sulke kwessies nie. Ons is nie ʼn departement vir strafregtelike ondersoeke nie, hoekom sal ons die saak hanteer?” het Kgwete opgemerk.

Daar word beweer dat ʼn saak van aanranding by ʼn polisiestasie in Johannesburg aanhangig gemaak is, maar brig. Vishnu Naidoo, nasionale woordvoerder vir die polisie, het nie op ʼn geskrewe versoek vir kommentaar gereageer nie.

Die Mugabe-seuns, wat voorheen in Dubai en Harare gewoon het, is verlede maand by ʼn luukse woonstel in Sandton verwyder nadat hulle glo in ʼn onderonsie met ʼn veiligheidswag betrokke was. Die veiligheidswag is tydens die struweling beseer.

Intussen het Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, die beweerde aanranding deur Mugabe veroordeel en gesê dit is kommerwekkend dat die voorval tydens Vrouemaand gebeur het. “Die voorval word verder vererger deur die feit dat iemand met ʼn hoë sosiale status in die samelewing daarby betrokke was,” het Nkosi-Malobane gesê.

“Niemand het die reg om vroue te mishandel nie, ongeag die situasie. Mense van Grace se kaliber is veronderstel om ʼn voorbeeldige lewe te leef en ʼn rolmodel te wees wat jong vroue inspireer.”

Nkosi-Malobane het ʼn beroep op die polisie gedoen om die saak onmiddellik te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Domvraag ·

Nee wat soek die Mugabes hier. Volgens Robert Mugabe is sy land fantasties maar sy familie kom hier na ons vir mediese behandeling ,vir opleiding, vir werk ens.
Zimbabwe met sy beleid en aksies teen wittes het gemaak dat kundiges sy land verlaat het en nou sien van ons land se mense Robert en sy land as rolmodel. Hoe pateties onnosel want net die met geld sal na ander lande kan reis om hulp en die armes sal verder krepeer..waar is Zim se kundiges Robert?

Feite ·

Jammer sussie…
Jy moes ñ video of klank opname gehad het want nou gaan niemand jou glo

Leahim ·

Dit is n skande dat die bewyse nou daar is dat sekere mense verhewe is bo die wette van hierdie piesang republiek,Guptas beheer die regering en mugabes maak wat hulle wil want hulle kan.

Frik ·

Hierdie aanranding is 100maal erger as die doodskis sage en waar is die DA se verdoemenis hiervan of die arrestasie van die aanrander of die betoging, brand en plundering van die Mugabes se eiendom en besittings? NIks

Justice ·

Frik met hierdie saak is daar geen politieke punte vir die DA om te “score” nie. Hulle kan dit ook nie na die Publieke Berskermer verwys om hul saak verder kosteloos te dryf nie.

Mpie ·

Die DA is al van vroegdag af op hierdie saak. Gaan gerus na hul Facebook blad.

Nico ·

Kom waar is die anc se vroue liga nou of gaan hulle dit goed praat soos die minister se aanranding

Daan Erasmus ·

Staan nader al die aanhangers en bewonderaars van Gerrie (ons mag nie sy naam noem) hier is die perfekte saak vir privaat vervolging.

johnny_walker ·

nie werklik nie , sy het geen bewyse nie , tensy daar sekuriteits kameras in daardie area van die gebou was , haar lyfwaget sal nie teen haar getuig nie

John ·

‘Grace’ beteken geen genade in Afrika-konteks. Onder haar gaan alle Zimmers skarrel. Wie gaan haar lande ploeg? Sy? En kort voor lank bly sy ook in ‘n luukse tuinwoonstel in… SA onder die vleuels van haar skoonsus… En dan sal die vere waai….

Niccy ·

Was sy hier vir mediese behandeling?… seker by ‘n sielkundige. Niemand veral nie ‘n vrou rand iemand so aan nie. Die vrou kan mos nie help as Mugabe se seuntjies te veel saam met haar gekuier het nie. Teen daardie tempo sal hul nooit hul pappa se ouderdom haal nie!!

EJ ·

Die DA mag nie Zim in gaan, maar hulle kom en gaan soos hulle wil. Hoekom bly hulle se dis vroue maand. Dit moet elk geval nooit gebeur in elke maand.

Willie E ·

MM…al wat ek kan se is “I thought so…” julle het nou net bewys dat wat ek gese het, EK REG IS…

Annette Stander ·

Wys maar net weer. Jy kan hulle in ontwerpersklere aantrek en in ‘n duur motor laai, maar jy kan hulle nerens heen vat nie!

pie in the sky ·

Wat n opregte vrou…. Dit is altyd die regte ding om te doen ;)

hanna ·

Daar was n week terug ook n artikel dat Grace Mugabe ieamand in China aangeval het.
Dis ook doodgesmoor.
Wragtie nee, ek ding nie die Mugabes is OK??? nie.
Dit is RASSISME op die ergste graad.
Daardie meisie staan nie n kans teen die vrou nie, tensy iemand haar finansieel gaan sponsor om baie rippels op die water te maak vir Mugabe. Ons weet nou haar swak punt is haar 2 seuns wat so goed grootgemaak is deur haar suster en onlangs miljoene betaal is om haar te bedank.
Mugabe self is nie meer “met” ons nie. Hy kan skaars praat en loop.
Sy MPs word seker ook VERGOED vir hulle ondersteuning.
SIES MAN!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.