Vrou bewusteloos geslaan tydens plaasaanval

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

ʼn Vrou is Saterdag in die vroeë oggendure aangeval toe sy die deur vir haar hond oopgesluit het.

Die 67-jarige vrou woon op ʼn plaas net buite Balmoral tussen Bronkhorstspruit en Witbank (eMalahleni).

Volgens Vasti Mills, inligtingskoördineerder van die BHS-veiligheidsgroep, het die vrou omstreeks 01:00 haar hond uitgelaat.

“Met die terugkomslag het ʼn man, ʼn plaaswerker wat goed aan haar bekend is, by die huis ingestap en reguit na die laai geloop waar die vrou sy geld die vorige middag uitgehaal het.”

Die hond het glo nie vir die aanvaller geblaf nie omdat die man aan hom bekend is. Die vrou is herhaaldelik oor die kop en deur die gesig geslaan totdat sy haar bewussyn verloor het.

“Toe die vrou net voor 08:00 haar bewussyn herwin het, was die verdagte nie meer op die toneel nie. Haar seun, wat in ʼn woonstel op die plaas bly, het kort daarna op sy bebloede ma afgekom en hulp ontbied.”

Volgens Mills het die verdagte met drie selfone, ʼn beursie en ʼn skerm op die vlug geslaan. Lede van die gemeenskap, Vosman-polisie en JVR Sekuriteit het op die toneel gereageer. ʼn Ambulansdiens is ook ontbied.

“Die aanvaller is binne 45 minute deur lede van die gemeenskap aangekeer.” Die vrou is na Bronkhorstspruit-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

En so gaan dit aan hou ons blankes wil nie standpunt in neem nie

Anoniem ·

Môre is nog ‘n dag en môre sal daar net nog ‘n naam (of name) bygevoeg word op die lys. Party mense is gelukkig om met hulle lewe weg te kom. Ander nie. Ons vergeet (of besef nie) dat dié wat gelukkig is om weer hulle normale lewe te hervat, vind dit baie moeilik. Hulle ly aan verskeie gesondheids probleme. Mense wie se familie vermoor is ondervind ook probleme en sukkel om verder ‘n normale lewe te ly. Selfs vir ons wat nie aangeval was nie (altans nog nie) voel bedreig en kan ons nie voluit lewe nie. Hierdie toestand van sake kan onmoontlik nie in hierdie (eens pragtige land) voortgaan nie. Daar moet ‘n draaipunt kom en gou ook.

JohanR ·

Maandag aand -plaas aanval, Dinsdag aand -plaas aanval, Woensdag aand -plaas aanval, Donderdag aand -plaas aanval, Vrydag aand – plaas aanval, Saterdag aand -plaas aanval, Sondag aand – plaas aanval. Ou Onder President Cyril Ramaphosa het jy die vernuf om die kolletjies by mekaar te bring. Do you see a pattern here my Deputy President? Die mense wat elke more sorg dat jou breakfast op die tafel is word uitgemoor. Nee jou breakfast kom nie van Woolthworths, Checkers, Shoprite, Spar en P&P. Dit kom van die lande van die boer wat gisteraand vermoor is, en met sy moord het alles op die plaas gaan staan.

Prikkie ·

Mense moet besef dat hulle op hulle eie is – dws geen beskerming van die staat se kant af nie.

Die strawwe wat opgelê word is te lig, sommige doen net ‘n derde van hulle vonnis en is dan weer uit op parool.

Adam Adriaan ·

Deur die stilswye van die ANC/EFF dui daarop dat hulle intens betrokke is by die beplanning en uitvoering van die plaasaanvalle

annie ·

Wat mens verbaas is dat werkers wat goed behandel is/word geen dankbaarheid of genade jeens hul werkgewers toon nie. Mense is al vermoor deur werkers wat meer as ‘n dekade in diens is. Wat sè dit? Ons moet dit ter harte neem nl dat ons, volgens hulle, in die diens van die werkers staan en dat sosialisme en kommunisme die grondslag van diesulke sieninge is. Selfs ‘n geskenk/bonus word vertolk as ‘n skuldgevoel by die werkgewer omdat hy ‘my’ èrens moes ingedoen het. Ewige gewetenswroegings moet by die Christen-werkgewer gedy; hy/sy altyd te min doen en mòèt hoor of voel dat hy of sy nie baas is nie.

Werner ·

Dit is nie verbasend nie Annie wat verbasend is is dat daar nog mense is wat nie kan sien dat hulle nie van ons hou nie

Blikkantien ·

Ek hoop die lede van die gemeenskap het die aanvaller bietjie meer “uitgevra” oor hoekom hy ‘n vrou so lafhartig aangeval het.

Mariana ·

Hoe maklik is dit om net in te loop, te vat en aan te rand. Hy is gevang ja maar wat nou? Mense moet hulself begin beveilig. Niemand anders gaan ons kyk as ons dit nie self doen nie.

Werner ·

Hulle is nie gepla oor voedselsekerheid nie so die wat hulle altyd herhinder waar hulle kos vandaan kom mors julle tyd .Aanvalle sal nie ophou voor ons begin terugslaan nie punt.Ons gaan nog vir n lang tyd van aanvalle hoor ons het geen leier wat standpunt inneem nie

Niklaas ·

Wat baie belangrik is vir oorlewing op plase en plotte is om niemand te vertrou nie en om deurgans paraat en gewapen te wees. Veral bejaarde dames moet ekstra versigtig wees.

Anoniem ·

Dit raak nou dringend tyd dat ons mense nou ons eie kommando’s op die been moet bring om hierdie euwel te stuit!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.