Vrou bly in aanhouding ná polisieman se moord

Mandlenkosi Happy Thwala (Foto: Verskaf)

Zanele Mkhonto (28), die vrou wat verdink word dat sy ʼn polisiebeampte vyf keer met sy dienspistool geskiet het, bly in aanhouding.

Mkhonto het Vrydag in die Kabokweni-landdroshof in Mpumalanga verskyn. Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê die saak is tot 23 Augustus uitgestel vir ʼn formele aansoek om borgtog.

Maroela Media het vroeër berig Mandlenkosi Happy Thwala (45) is op 3 Augustus dood aangetref in sy huis in die Gedlembane-nedersetting by Pienaar in Mpumalanga. Thwala is na bewering vyf keer met sy eie dienspistool geskiet – twee keer in die kop en drie keer in sy bolyf.

Mkhonto is kort daarna in hegtenis geneem vir haar beweerde betrokkenheid by sy dood. Sy was glo in ʼn verhouding met die oorledene.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.