Vrou in botsing en toe deur taxi omgery

Foto: ER24

Foto: ER24

‘n Jong vrou is in ‘n kritieke toestand nadat sy Vrydagoggend deur ‘n taxi omgery en meters ver gesleep is in Benoni aan die Oos-Rand.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê die vrou, in haar 20’s, is in Etwatwaweg deur die taxi omgery. Majija sê die vrou was vroeër in ‘n botsing betrokke en dat sy deur die taxi getref is nadat sy uit die motor geklim het en op haar selfoon met die versekeringsmaatskappy gepraat het.

Vyf ander voertuie was ook in die botsing betrokke. Majija sê die vrou het verskeie frakture opgedoen. Die vrou is op die toneel behandel voor sy per helikopter na die Charlotte Mxeke-hospitaal geneem is vir dringende mediese behandeling.

ER24 het twee ander pasiënte na die Sunshine-hospitaal vervoer. Minstens 10 ander mense het ook ligte beserings in die ongeluk opgedoen.

Die oorsaak van die ongelukke word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

salome dalene steyn ·

Hoop die vrou is beter. Die taxi’s voel niks. Stop voor jou waag dit om hul n vuil kyk te gee dan wys hul jou die middel vinger of vloek jou.

Chipster ·

Wat ek sou wou weet is of die taxi, soos wat gewoonlik die geval is, weer soos ‘n maniak gery het of nie. As jy so naby aan ‘n ongelukstoneel so vinnig verby jaag om mense hoeveel meters ver te sleep, beteken dit definitief nie dat hy binne die wet was nie. Hierdie taxis is ‘n verdomde pes op die pad wat nooit toegelaat moes word nie; ‘n ordentlike openbare vervoerstelsel sou die land al soveer meer gebaat het en baie baie lewens gespaar het!

L jvr ·

Maak nie saak wit of swart daar is altyd onskuldige mense wat seerkry of selfs sterf. Ons het selfs taxis hier wat jou effens sal stamp wanneer jy oor i stop loop net om te wys wie is baas en wie is klaas. Dis hartseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.