Vrou brand dood in Kaapse huis

‘n Foto van die toneel in Bellville, waar ‘n huis gebrand het. (Foto: Netcare911)

Die Wes-Kaapse nooddienste het vroeg Dinsdagoggend gereageer op ʼn brand wat in ʼn huis in Bellville ontstaan het.

Netcare911 se woordvoerder sê by paramedici se aankoms op die toneel was die brandweer reeds besig om die vlamme te probeer blus.

“Terwyl die brandweer verwoed probeer het om die brand in bedwang te bring, het reddingswerkers ʼn bejaarde vrou dood in die huis aangetref,” sê Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911.

“Nóg ʼn inwoner van die huis, ʼn volwasse vrou, het minder ernstige brandwonde opgedoen en het geweier om met ʼn ambulans na die hospitaal vervoer te word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.