Vrou brand dood in motor

Die uitgebrande motor. (Foto: ANA)

’n Motoris het Woensdagaand doodgebrand nadat haar motor teen ’n pilaar van ’n brug op die M4 in KwaZulu-Natal gebots het.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het die voorval om 23:00 op die M4-snelweg net verby die M41-afrit tussen La Lucia en Umhlanga Rocks plaasgevind.

Herbst het gesê nooddienste is na die toneel ontbied waar die motoris vermoedelik beheer oor haar voertuig verloor en teen die pilaar gebots het.

Met paramedici se aankoms op die toneel was dié voertuig in vlamme gehul.

Die plaaslike brandweer is ontbied om die vlamme te blus waarna die liggaam van die vrou in die motor gevind is. Sy kon aanvanklik nie geïdentifiseer word weens die aard van haar beserings nie, het Herbst gesê.

Herbst het wel sedertdien aan Maroela Media bevestig dat ’n vrou in die voorval gesterf het.

Die toepaslike owerhede was op die toneel, onder andere die polisie, om die presiese omstandighede rakende dié gru-voorval te bepaal.

Die berig is gewysig sedertdien dit die eerste keer gepubliseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

wet ·

dis hoekom ek glo elke kar moet ´n mes en ´n brandblusser altyd naby die bestuurder sitplek het

Patch ·

@wet, al het sy dit by haar gehad kon sy moontlik haar bewussyn verloor het en daarom verongeluk het dan gaan ‘n mes en brandblusser nie help nie. Simpatie aan haar familie.

wet ·

Ek weet, ek se maar omdat ek nooit die storie sal vergeet van iemand wat moes aanskou toe ander mense dood is nadat die kar in vlamme uitgebars het nie. Hy het nie ´n mes gehad om die gordel te sny nie ook nie ´n brandblusser om te help nie. So dis meer ´n algemene opmerking tov karre wat begin brand in ´n ongeluk. Simpatie aan die familie

Charlotte ·

n Baie hartseer tragedie. Die oorledene was die hoof van Northlands Girls High School in Durban Noord – Me Roshni Moonsamy volgends IOL.co.za

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.