’n Motoris het Woensdagaand doodgebrand nadat haar motor teen ’n pilaar van ’n brug op die M4 in KwaZulu-Natal gebots het.
Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het die voorval om 23:00 op die M4-snelweg net verby die M41-afrit tussen La Lucia en Umhlanga Rocks plaasgevind.
Herbst het gesê nooddienste is na die toneel ontbied waar die motoris vermoedelik beheer oor haar voertuig verloor en teen die pilaar gebots het.
Met paramedici se aankoms op die toneel was dié voertuig in vlamme gehul.
Die plaaslike brandweer is ontbied om die vlamme te blus waarna die liggaam van die vrou in die motor gevind is. Sy kon aanvanklik nie geïdentifiseer word weens die aard van haar beserings nie, het Herbst gesê.
Herbst het wel sedertdien aan Maroela Media bevestig dat ’n vrou in die voorval gesterf het.
Die toepaslike owerhede was op die toneel, onder andere die polisie, om die presiese omstandighede rakende dié gru-voorval te bepaal.
Die berig is gewysig sedertdien dit die eerste keer gepubliseer is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Arme mens.
Aaklige nuus. Miskien aan die slaap geraak.
dis hoekom ek glo elke kar moet ´n mes en ´n brandblusser altyd naby die bestuurder sitplek het
n Baie hartseer tragedie. Die oorledene was die hoof van Northlands Girls High School in Durban Noord – Me Roshni Moonsamy volgends IOL.co.za
Tragies…arme vrou…ai