Vrou brand erg met petrolvuur

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24 

ʼn Vrou in haar vroeë 30’s is Vrydag in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal geneem nadat sy erge brandwonde opgedoen het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is in die vroeë oggendure na die vrou se huis in die Jika Joe-informele nedersetting ontbied.

“Die vrou het op die vloer van haar kamer gelê met ernstige brandwonde oor meer as die helfte van haar liggaam,” het Bodasing gesê. “Daar word vermoed dat sy met petrol, wat aan die brand gesteek is, gebrand het. Die polisie ondersoek die voorval.”

Die vrou is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.