Vrou buite Limpopo-restaurant oorval, verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou van Limpopo is Maandagaand glo by die restaurant waar sy die bestuurder is, deur twee mans oorval en verkrag.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 21:50 by De Stop-restaurant buite Mokopane (Potgietersrus) plaasgevind. Die 55-jarige vrou is deur twee verdagtes oorval wat haar na ʼn kothuis buite die restaurant geneem het.

“Een van die mans het teruggegaan na die kroeg toe, waar hy R2 000 en bottels drank gesteel het, terwyl die ander verdagte die vrou verkrag het,” het Otto gesê. “Hulle het ook ʼn plasmatelevisie en R1 000 kontant uit die kothuis gesteel voordat hulle op die vlug geslaan het.”

Volgens Otto was die vrou alleen op pad na die kothuis toe die voorval plaasgevind het. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ʼn Saak van verkragting en sakeroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Kyk nou net wat lees ons weer vandag ek gaan nog a aar in my kop bars van kwaadgheid . Die ding is as dit nou nou so baie gebeur kan dit met ons lesers ook gebeur . Ons presedent is darem slapg…….t

Bruno Stef ·

Wees net konsekwent met die beriggewing .Is dit n blank/nieblanke persone slagoffer of aanvallers wat betrokke was ons speel nie raai/raai nie .

BoereBikerBaby ·

miskien was die kos te sleg wat bedien word daar. (grappie) @ Bruno, ja nee ek haat berigte wat so halfhartig geskryf is met geen regte inligting nie. Is dit ‘n sonde om net te se watse rasse betrokke was met die voorvalle???

BoereBikerBaby ·

Miskien was die kos by die plek sleg. (grappie) @ Bruno, ek stem, sulke half-hartige berigte kan hulle maar net so wel los. Is dit so groot sonde om net te se watse rasse betrokke was??

Bruno Stef ·

Dit is wat n mens Demokrasie noem Openheid/Deursigtigheid en gelyke beriggewing sonder n verswyging van feite wat n gebalanseerde weergawe ten doel het.

KANNIEMEER ·

Moet net nie die “mans” barbare noem nie, dan sal jou kommentaar geplaas word.

Eliza-beth ·

Kanniemeer, ja kyk, ek het in my kommentaar op die modelbaas wat ‘n pedofiel is genoem dat hy ‘n addergebroedsel is en dis ook verwyder. Hoekom moet ek sulke gemors mooi naampies noem? Belaglik hoe Maroela se sensuur soms werk, jy kan mense maar die doodstraf toewens (myns insiens BAIE erger!) Maar moet net nie ‘n sleg ding ‘n slang noem nie.

Eliza-beth ·

Weereens is my kommentaar nie geplaas omdat ek ‘n pedofiel ‘n slang op ‘n ander manier genoem het. Jy kan iemand die doodstraf toewens, gemors noem en wat nie nog maar moenie ‘n pedofiel ‘n slang noem op een of ander ander manier nie. Ai, Maroela, verduidelik tog vir my HOE werk jul sg sensuur – dis nou as HIERDIE kommnetaar deurgaan.

Eliza-beth ·

Terloops my kommentaar oor name vir ‘n pedofiel is na aanleiding van Kanniemeer se kommentaar dat mens tog net nie ‘n man ‘n barbaar mag noem nie – dit het ek al meermale gesien, hang seker af wie die kommentaar lewer dan. Sommige mense mag “lelike” name gebruik en ander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.