Vrou buite stempunt omgery

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

ʼn Vrou is Woensdag in Villiersdorp in die Wes-Kaap deur ʼn motor omgery terwyl sy buite ʼn stempunt staan en wag het.

ʼn Skare het om die vrou saamgedrom. Sy het ʼn ANC-T-hemp aangehad. Dit wil voorkom of die vrou nie ernstig beseer is nie en sy het met ʼn vriendin gesels toe paramedici haar ondersoek het.

Die ongeluk het in Buitenkantstraat plaasgevind. Die polisie het die pad versper en die skare versoek om te verdaag.

Die motoris het glo bekommerd gelyk en die vrou te hulp gesnel, maar haar vriende het hom laat gaan en by haar gebly totdat paramedici opgedaag het. Sy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.