Vrou by ANC-tussenverkiesing doodgeskiet

Argieffoto

ʼn 31-jarige vrou is Woensdagaand doodgeskiet tydens ʼn tussenverkiesing-vergadering van die ANC in die Rust-ter-Vaal-gemeenskapsaal buite Vereeniging.

Christo Smith, VF Plus-raadslid in die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit, het gesê dit is onrusbarend dat politieke vergaderings waar die ANC betrokke is, nou lewensgevaarlik vir hul kiesers word.

Die ligte het tydens die vergadering, wat deur kiesers en kandidate in die gemeenskap bygewoon is, skielik afgegaan waarna die mense na buite beweeg het. Sowat agt skote is in die donker afgevuur en ʼn ma van twee kinders is in die agterkop getref.

Die tussenverkiesing-vergadering is gereël ter voorbereiding van die tussenverkiesing in Wyk 16 op 18 Maart.

“Die VF Plus spreek sy simpatie uit teenoor die slagoffer se familie en naasbestaandes en doen ʼn beroep op die polisie om die skuldiges op te spoor. Kiesers het die reg tot vrye beweging en om verkiesingsvergaderings by te woon sonder om leed aangedoen te word,” het Smith bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Strandloper ·

Mmmmmm more oor more is dit die selfde in die parlement….

ES ·

Dit was ‘n ANC tussenverkiesing maar VF+ is vinnig om simpatie uit te spreek… Die politici kan maar nie wag om op die rug te ry van ‘n situasie waarin ‘n ander party betrokke is nie.

Leon ·

Dit raak nou soos Wes-Afrika waar jy van jou opposisie ontslae raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.