Vrou by bosveldspa oorval, beroof

Die Ukuthula Bush Spa. Foto: http://www.ukuthulaspa.co.za/

Die Ukuthula Bush Spa. Foto: http://www.ukuthulaspa.co.za/

Die bestuurder van ʼn spa naby Cullinan in Gauteng het Dinsdagoggend wakker geskrik en vier gewapende rowers in haar kamer aangetref.

Konst. Conny Moganedi, woordvoerder van die polisie, het gesê die 52-jarige vrou is die bestuurder van Ukuthula Bush Spa in Leeuwkloof. Sy het omstreeks 04:00 wakker geword toe vier gewapende mans deur die vensters van haar slaapkamer geklim het.

“Hulle het haar gedreig en toegang tot die kluis geëis,” het Moganedi gesê. “Hulle het daarna twee selfone, ʼn skootrekenaar en R40 000 kontant gevat en met die spa se Renault Clio gevlug. Die voertuig is later verlate by die ingang van die spa gevind.”

Volgens Moganedi is die vrou ongedeerd. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en ʼn saak van sakeroof is aanhangig gemaak.

Mense met meer inligting oor die voorval kan die Cullinan-polisiestasie by 012 734 1431 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennelie Rust ·

Sien ek is nou woedend. Die vrou is op haar plek in haar huis,haar privaat leefruimte. Dit is interessant let op deesdae wat word gesteel? geld…. vir befondsing, Selfone en rekenaars…..vir kommunikasie……gewere en handwapens….vir ‘n arsenaal.Die drie items word ingesamel by veral die blankes. Teen wie voer jy hiermee ‘n aanhoudende oorlog? juis teen nog onskuldige blankes. Nou……Kom ons vra die regering: Betreders, 10 jaar tronkstraf,en vir elkeen wat bykomend is by die getal bv. 4 persone,kry elkeen nog 4jaar tronkstraf by. Dit is bo en behalwe enige gewone aanklagtes,teen hulle. Dan sal dit darem die kant van die leidenes in ag neem!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.