Vrou by Dusirivier geskiet

'n Gedeelte van die Dusirivier. Argieffoto: Kierano/wikipidia

‘n Gedeelte van die Dusirivier. Argieffoto: Kierano/wikipidia

ʼn Vrou, vermoedelik 36 jaar oud, is Saterdag tydens ʼn mislukte rooftog by die Dusirivier in Pietermaritzburg geskiet.

Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou het saam met haar ma langs die rivier gesit toe hulle deur ʼn man met ʼn vuurwapen genader is.

“Die man het na bewering aangedring op die voertuig se sleutels en het ʼn skoot afgevuur toe die vrou hom teengestaan het. Die vrou is in die regterkant van haar maag gewond,” het Dormehl gesê.

Paramedici van ER24 het omstreeks 10:00 by die toneel opgedaag. Sy is op die toneel gestabiliseer en na die Mediclinic Pietermaritzburg geneem vir verdere behandeling.

“Die verdagte kon daarin slaag om te ontsnap voor die polisie se honde-eenheid en paramedici by die toneel opgedaag het.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Las ·

Moet vir eers nie langs riviere meer sit tot die gemors in regering vervang is met mense wat eintlik omgee vir die land na die verkiesing nie.

Cherokee ·

Ek het net so ‘n gevoelentheid dat dit al weer ‘n rewolwer of pistool is wat Maroela ‘n geweer noem.

Phillip ·

Dagsê Cherokee

Dankie vir jou valkoog, die berig is gewysig.

Groete

Phillip Bruwer, nms Maroela Media

Cherokee ·

Dankie vir die korrigering Phillip en vergewe my asseblief vir so punteneurig wees:-)

Wanda ·

Wat ek graag wil weet en ek sluit myself in. Ons afrikaners hardloop soos afkop hoenders rond, ons wil alles anders hê in suid afrika maar het iemand al daaraan gedink dat ons eintlik ons eie ondergang is! Die paar wit afrikaners wat nog oor is in die land, kannie eers bymekaar staan nie. Daar is nog net een party oor in die parlement wat wit is en dit iz VF. As ons almal bymekaar staan en vir hulle stem sodat hulle dalk n groter sê het kan daar dalk iets vir ons gedoen word. Moenie vir my sê hulle is slegter as die ANC nie, ons wil net nie probeer nie en sien eerder kans om te sit en wag vir beter dae en hoop iemand gaan iets vir ons doen. Wel ons gaan lank wag en meer uit gemoor word. Daar kort n stem vir ons wat vir ons kan baklei in die parlement. Maak nie saak hoe min ons is nie as almal vir die VF stem kan hulle dalk n groter sê hê as op die oomblik. As die res so saam kan staan, wat gaan aan met ons wittes hoekom kan ons nie ook saamstaan en begin terug baklei wat ons wil hê en saam kan ons as Christene weer n verskil begin maak.

willie ·

Wanda nie eers 10% van ons mense is eers bereid om aan te sluit by hulle plaaslike buurwag nie! Ons het ñ ruggraadlose nasie geword en is bederf, vergeet nog van die regte kruisie te trek!

Cherokee ·

Wanda, dit is GROOT woorde wat jy hier praat. Die konserwatiewe(?) Afrikaanssprekende het die erge fout gemaak in 1992 om nie die HNP te glo nie en het ‘Ja’ gestem. Daarna het hulle hulself verwyt en in reaksie daarop spring hulle toe om en sluit aan by dit wat tydens die vorige magsbewind, die mees liberale party was, namens Helen Suzman en Frederick Van Zyl Slabbert se Progresiewe Party. Die PFP het hulle so maklik ore aangesit deur hul naam te verander na DA en walla, dieselfde groep wat eers vir die NP gestem het en toe oor hulle gekla het, stem PFP oftewel DA! Daar is ‘n gesegde wat sê ‘n land verdien sy regering. Die blanke lag vir die swart kiesers wat vandag buitebande op die teer verbrand en môre ANC stem. Net nadat hulle gelag het gaan stem dieselfde blankes vir regstellende aksie en grondhervorming by Anti Helen se tafel.

Annette ·

Ai ek het verlede jaar met my hart gestem en baie gebid daaroor. Toe stem ons almal in die huis, vir die VF. Ek is so bly ons het want nou kan ek rustig wees en weet daar is iemand wat omgee vir ons. Ek bid elke aand en oggend dat Hy vir ons moet help en ons leier moet word sodat ons nie verdwaal nie. As ek iets negatief lees bid ek sommer net hier voor die rekenaar ook. Hy sal ons help. Ek glo dit met my hele hart en siel.

Cherokee ·

Annette, ek hoop hoop hoop vir ander lesers wat jou skrywe lees, sal dit dieselfde beteken as vir my. Nie spesifiek as room vir die VF maar omdat jy gebid het en leiding gevra het voor jy opgevolg het. Ek het jou skrywe drie keer gelees voor ek reageer het en… ek wens almal volg jou voorbeeld om leiding te vra. God seën jou.

w ·

Ai mense jul vergeet so vinnig. Blankes kon nog nooit saamstaan ni. Ons moet ma net besef dat mens nie eers meer in jou huis veilig is nie wat nog te se langs n rivier.

Cherokee ·

w, wanneer ek kommentaar lewer probeer ek altyd om iets oorspronkliks te sê en nie ander se clichés tot vervelens toe te herhaal nie. Vir diè wat nie die betekenis van die woord ken nie, ‘n cliché is a phrase or opinion that is overused and betrays a lack of original thought.
or
a saying or remark that is very often made and is therefore not original and not interesting.

sioux ·

oeeeee wanda dis nou insight wat niemand nog openbaar het nie. skep jou eie party en vorm dan n koalisie met die vf+. Cherokee en Willie, die JA stem van 1992 in ditself was nie n slegte stem nie. niemand het egter in gedagte gehou dat n Jacob Zuma vir die anc en Helen zille vir die da sal lei nie. wat die slim mense van die anc gedink het om n haas ongeletterde egoís of die da wat n myner soos zille aan die stuur van sake te sit kan ek nie eers imagine nie. niemand kon voorsien dat Zille alles in swart hande wil sien nie. sy het athol trollop verraai on lindiwe masibuko as leier van die da te kry en toe verdraai masibuko die bordjies en gee pad. trollop sou n goeie leier gewees het. maar gekukkug is jy daar Wanda. ons rout vir jou.

Cherokee ·

Moet nie die lesers mislei deur te sê dat niemand dit in gedagte sou hou met wat gebeur het nie. Dit is so ver vanaf die waarheid as kan wees. Dr Hertzoght en Oom Jaap Marais het julle onophoudelik gewaarsku en julle het dit weggevee. Nou wil jy kom bla bla bla om onskuldig te pleit.

sioux ·

oeeeee wanda dis nou insight wat niemand nog openbaar het nie. skep jou eie party en vorm dan n koalisie met die vf+. Cherokee en Willie, die JA stem van 1992 in ditself was nie n slegte stem nie. niemand het egter in gedagte gehou dat n Jacob Zuma vir die anc en Helen zille vir die da sal lei nie. wat die slim mense van die anc gedink het om n haas ongeletterde egoís of die da wat n myner soos zille aan die stuur van sake te sit kan ek nie eers imagine nie. niemand kon voorsien dat Zille alles in swart hande wil sien nie. sy het athol trollop verraai on lindiwe masibuko as leier van die da te kry en toe verdraai masibuko die bordjies en gee pad. trollop sou n goeie leier gewees het. maar gekukkug is jy daar Wanda. ons rout vir jou.

Cherokee ·

Sioux, hierdie kommentaar van jou wat ek nou net gelees het is (as ek dit reg verstaan) in die guns van Annette en myself. Baie dankie daarvoor. Indien ek jou êrens verkeerd verstaan het is dit ‘n kleinigheid om reg te stel bloot deur ‘n kursus te volg wat geredelik op Internet beskikbaar is. Ek is bly jy ondersteun my in my komplimente aan Annette en doen gerus wat ek voorstel net vir die moontlikheid dat Annette dalk ‘n taal-perfeksionis is. Volgende keer behoort jy meer duidelik te wees (as jy my advies volg).

Louwboepens ·

Cherokee ek wil jou net daaraan herinner dat die HNP se slagspreek al vir die laaste amper 30 jaar “STEM REG – BLY WEG”WAS”maw die HNP se ondersteuners het net van alle stambusse af weggebly.Jy mag dit dalk gerieflikheidshalwe vergeet het maar ons onthou.

Boer ·

My hart is groot in my borskas toe ek vir Mnre. Mulder en Groenewald in die parlement sien, beskaafde, opgevoede manne. Manne wat integriteit het en wat staan vir waarin hulle glo. Ek kan eerlik en opreg sê, dankie Here vir die leiding wat U deur al die jare !!, vir my gegee het, dat waar ek my kruisie getrek het, dit my nog nooit berou het nie – vrede in my hart. !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.