Vrou by kleuterskool vermoor

Queen Nyuswa (Foto: Facebook)

Die bebloede liggaam van die eienaar van ʼn Durbanse kleuterskool is Saterdag by die skool aangetref.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê ʼn 49-jarige vrou is in die Little Flower Primary Crèche in Durban, KwaZulu-Natal, met ʼn mes doodgesteek. Sy was alleen in die skool ten tyde van die voorval.

Die slagoffer is intussen geïdentifiseer as Queen Nyuswa. Nyuswa was ongetroud en het geen kinders nie.

IOL berig Nyuswa het verskeie messteke en bytplekke tydens die aanval opgedoen waarna sy aan haar beserings beswyk het.

ʼn Bron naby aan Nyuswa het aan IOL gesê Nyuswa moes tydens die aanval terugbaklei het aangesien die skool se tafels en stoele ná afloop van die voorval gebreek was. Daar was ook baie bloed op die toneel.

Die bron het verder vertel dat Nyuswa haar aanvallers moontlik geken het aangesien daar geen gedwonge toegang tot die skool was nie. Daar was ook nog waardevolle besittings in die skool ná die moord. Minstens R50 000 kontant is egter gedurende die voorval gesteel.

Gugu Ntuli, ʼn familielid van Nyuswa, het aan IOL gesê sy verstaan nie wie so iets aan haar tannie kon doen nie. “Sy het nooit met enigiemand baklei nie, sy was so lief vir kinders.”

Sy was bekend daarvoor dat sy straatkinders gehelp het.

Nyuswa was die eienares van die kleuterskool, asook ʼn gimnasium in die omgewing. Een van die gimnasium se werknemers het op haar liggaam in die skool afgekom.

Kol. Zwane kon in dié stadium nie meer inligting verskaf nie, aangesien die polisie glo eers vanoggend van die voorval in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Philip ·

Tragies. Hierdie land waar in ons woon is siek. Sy het gedoen wat na aan haar hart is en dit lyk vir my na ‘n “inside job”. Hoop die vedagtes word aangekeer. Tronkstraf is nie ‘n afskrik middel nie. Hulle moet die doodstraf kry.

Lindtjies ·

Ek is ook amper seker dit gaan oor die R50 000.00. Maar ook moes iemand geweet het dat sy so baie geld by haar gehad het. Bytplekke…. Sjoe dit klink na kanabalisme.

Piet ·

Iets klink nie lekker nie. Sy is Satersag dood aangetref en die polisie is vanoggend eers in kennis gestel. En dit is n moord toneel? Ek ruik rook. Lol

Alida ·

Die kleuterskool was seker toe die naweek en sy het seker maar laat gewerk of so iets. Arme arme vrou.

Asjas ·

Wanneer gaan mense leer om te EFT of Kaartmasjiene aanskaf, hierdie is moeilikheid soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.