Vrou by luukse kushotel geskiet

Skermgreep uit die video

ʼn Vrou is Sondag in die parkeerterrein van ʼn luukse hotel in Umhlanga, KwaZulu-Natal, geskiet.

Lt.kol. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê beamptes is omstreeks 01:30 na die hotel ontbied. “ʼn 25-jarige vrou is na ʼn hospitaal geneem ná sy ʼn skietwond in die nek opgedoen het. Die verdagtes het in ʼn wegkomvoertuig van die toneel gevlug.”

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.

Volgens Gwala is ʼn saak van poging tot moord by die polisie in Durban-Noord aanhangig gemaak en ʼn 25-jarige verdagte is later in hegtenis geneem.

Beamptes het ook beslag gelê op sy vuurwapen. Hy sal binnekort in die Verulam-landdroshof verskyn.

Maroela Media verneem die voorval het by The Pearls, ʼn hotel en woonstelblok, plaasgevind.

Dramatiese kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval word op sosiale media versprei. Die vrou leun by die agterdeur van die motor in voor sy skielik terugtree en op haar rug op die grond val. Sy staan op en hardloop van die toneel af weg. Die motor draai dan skerp links om uit die parkeerterrein weg te ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Onnie ·

Ek het die video gesien. Dis absoluut skokkend. Ek verstaan net nie hoekom die man wat langs die kar staan niks gedoen het om haar te help nie – nie voor, gedurende of agterna nie. Hy het duidelik ook geskok gelyk oor wat gebeur het, maar niks meer gedoen as om net sy kop vas hou nie. Waar is die mans dan heen?? Kan mens net staan en toe kyk hoe ‘n vrou helder oor dag geskiet word, en nie ‘n vinger verroer nie?

Androclus ·

Onthou daar’s ‘n vuurwapen betrokke en dis nie kinderspeletjies nie,wat sou jy in elk geval gedoen het?

Onnie ·

Ek sou die vrou gehelp het na sy geskiet is. Die feit dat hy nie ook weghardloop nie beteken hy self is nie bang dat die persoon hom sal wil skiet nie, of dit is omdat hy betrokke is of meer vd situasie weet sal ek nie weet nie. Wat ek wel weet is dat nie sou staan ek toekyk nie.

Swerwer ·

Nasionale Sport van die Republiek van Suid Afrika. Geen, niemand is sy lewe meer veilig in hierdie landjie van ons nie.

Truth2bfree ·

In watter land is jy veilig? Lees jy ooit plaaslike nuus van ander lande?

Maak jou saak reg met die Here en dan sal jy nie in vrees lewe nie, al is jy waar okal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.