Vrou by musiekfees verkrag

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Mmabatho in Noordwes stel ondersoek in nadat ʼn 27-jarige vrou glo tydens ʼn musiekfees verkrag is.

“Die vrou is Sondagoggend glo omstreeks 04:00 in die parkeerterrein in haar motor aangeval,” het maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die fees is by die Mahikeng-stadion gehou.”

Die slagoffer en haar man het saam die musiekfees bygewoon toe sy na hul motor toe is om daar te gaan rus. Sy het glo ʼn klop teen die motor se ruit gehoor en gedink dit is haar man. Toe sy die deur oopmaak, het die verdagte haar oorval en op die agterste sitplek verkrag.

“Sy het die veiligheidsbeamptes van die stadion ontbied, maar hulle het tevergeefs die verdagte probeer aankeer,” het Makau bygevoeg. “Hy is steeds op vrye voet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

derrick ·

Ja jong al wat gaan help bring die dood straf trug en ons land sal beeter plek word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.