Vrou by werkplek doodgeskiet: Man in hof

Cindy Swanepoel. Foto: Verskaf

Cindy Swanepoel. Foto: Verskaf

ʼn 29-jarige man het in die Belfast-landdroshof verskyn in verband met die moord op Cindy Swanepoel wat Woensdagoggend by haar werkplek in die dorp doodgeskiet is.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Oscar Ndlovu (29) se saak is tot 6 November uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig Swanepoel (36) is by die BP-depot van Drakensberg Oil, waar sy as ʼn bestuurder gewerk het, doodgeskiet – na bewering deur ʼn kollega. Melanie du Plooy, Swanepoel se suster, het gesê ʼn man wat saam met Swanepoel gewerk het, is van dieseldiefstal beskuldig en moes Woensdag ʼn poligraaftoets ondergaan.

“Hy was saam met die poligrafis in ʼn vertrek om die toets af te lê en het daarna gevra of hy gou badkamer toe kan gaan,” het Du Plooy gesê. “Hy het uitgestap na sy motor toe, sy vuurwapen gaan haal en teruggestap. Hy het my sussie gevra om saam met hom te stap omdat daar van die werkboeke waarin hulle die dieselvlakke aanteken, vermis word. Sy het met die boeke in die vertrek ingestap en haar rug na hom gedraai om die boeke neer te sit, toe skiet hy haar.”

Du Plooy het gesê Swanepoel en die man was nooit op slegte voet met mekaar nie, maar Swanepoel was die een wat hom glo betrap het terwyl hy steel en dus ʼn sleutelgetuie in sy tugverhoor. “Daar was nooit probleme tussen hulle nie, maar Cindy het altyd gesê dat sy versigtig is vir hom.”

Sy het gesê Swanepoel se twee seuns, Ricardo (11) en Zane (10), was histeries toe hulle van hul ma se dood hoor. “Cindy was ʼn eerlike en reguit mens. ʼn Saggeaarde, liefdevolle mens wat enige slegte situasie kon omdraai in iets positiefs. Jy kon altyd op haar staatmaak. Sy was my babasussie,” het Du Plooy in trane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
GES

Ek hoop die skuimbol word skuldig bevind en word vir baie lank toegesluit. Dit bring ongelukkig nie ‘n lewe terug nie. My simpatie aan die familie. Mag julle vertroosting ontvang, ons harte gaan uit na julle.

Alweer

Ja nee. Dus al weer een van hulle. Moes ge weet het.

Kaspaas

Was die situasie omgekeer sou ons nooit die einde gehoor het van wit op swart rassise. Tyd om spade a spade te noem.

Shirley

Ek sim patieseer met Cindy se kinders en familie. Mag onse HERE julle omring in hierdie tyd. Sterkte aan almal van julle.

Winston

Alweer n swart op wit moord?