Vrou by werkplek doodgeskiet: ‘Sy was altyd versigtig vir hom’

Cindy Swanepoel. Foto: Verskaf

Cindy Swanepoel. Foto: Verskaf

“Sy het afgebuk om die boeke op te tel toe hy die geweer op haar rig. Hy het vir die ander vrou in die kamer gewys om stil te bly en toe het hy die sneller getrek. Sy het dit nooit sien kom nie.”

Só het die suster van Cindy Swanepoel, die vrou wat Woensdagoggend by haar werkplek in Belfast, Mpumalanga, doodgeskiet is, Donderdag aan Maroela Media gesê.

Swanepoel (36) is Woensdag by die BP-depot van Drakensberg Oil, waar sy as ʼn bestuurder gewerk het, doodgeskiet – na bewering deur ʼn kollega. Melanie du Plooy, Swanepoel se suster, het gesê ʼn man wat saam met Swanepoel gewerk het, is van dieseldiefstal beskuldig en moes Woensdag ʼn poligraaftoets ondergaan.

“Hy was saam met die poligrafis in ʼn vertrek om die toets af te lê en het daarna gevra of hy gou badkamer toe kan gaan,” het Du Plooy gesê. “Hy het uitgestap na sy motor toe, sy vuurwapen gaan haal en teruggestap. Hy het my sussie gevra om saam met hom te stap omdat daar van die werkboeke waarin hulle die dieselvlakke aanteken vermis word. Sy het met die boeke in die vertrek ingestap en haar rug na hom toe gedraai om die boeke neer te sit, toe skiet hy haar.”

Volgens Du Plooy het die poligrafis uit die vertrek gehardloop, waarna die man uitgestap het na twee ander vrouens in die kantoor. “Hy het vir Anmari en Charity gesê hy is lief vir hulle, maar as hulle nie ook vandag doodgeskiet wil word nie, moet hulle hardloop. Hulle het uit die gebou gehardloop en net so vinnig as moontlik probeer wegkom,” het sy gesê.

“Toe die polisie daar aankom het hy buite die gebou gaan staan, sy hande in die lug gegooi, gesê hy het [vir Cindy] geskiet en op sy knieë neergesak. Die polisie het om net daar in hegtenis geneem.”

Du Plooy het gesê Swanepoel en die man was nooit op ʼn slegte voet nie, maar dat Swanepoel die een was wat hom glo gevang steel het en dus ʼn sleutelgetuie in sy tugverhoor was. “Daar was nooit probleme tussen hulle nie, maar Cindy het altyd gesê dat sy versigtig is vir hom,” het sy gesê.

Sy het gesê Swanepoel se twee seuns, Ricardo (11) en Zane (10), was histeries toe hulle van hul ma se dood hoor. “Hulle is vandag rustiger, maar hulle het albei vanoggend gehuil toe die dominee by hulle was. Hulle begryp wat gebeur het; hulle weet Mamma kom nooit weer terug nie.” Swanepoel se man, Martin, sal nou na die twee seuns omsien.

“Cindy was ʼn eerlike en reguit mens. ʼn Saggeaarde, liefdevolle mens wat enige slegte situasie kon omdraai in iets positief. Jy kon altyd op haar staatmaak. Sy was my babasussie,” het Du Plooy in trane gesê.

Swanepoel sal volgende week uit die Hervormde Kerk op die dorp begrawe word.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat een van Swanepoel se kollegas in hegtenis geneem is op ʼn aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

MissDemeanor ·

Wie is die man? Mag sy naam nie bekend gemaak word nie, hy het mos skuld erken vir die moord.

Danie Kok ·

Die “man” is in alle waarskynlikheid nie ‘n blanke nie, daarom sal Maroela Media onder geen omstandighede sy naam bekend maak nie – en ook in alle waarskynlikheid my kommentaar verwyder…

Dee ·

re ‘toe die polisie daar kom het hy sy hande in die lug gegooi en skuld erken. Sy hande in die lug gegooi vir wat? Om te sê ‘moet nie skiet nie’? Hulle moes nie sy hande raak gesien het nie.

Winston ·

So goedkoop is n lewe in die land. Die meneer weet mos dis n “regverdigings grond” in die land as jy veronreg voel al het jy dit jou self op die hals gehaal. Sterkte aan haar familie.

Sanet ·

Sterkte aan haar familie. Spesiaal haar man en twee seuntjies. My hart gaan uit na julle in hierdie vreeslike hartseer tyd.

SNEL ·

Kry hierdie familie so jammer. Dis vreeslik dat twee sulke jong kinders hulle ma so onnodig moes verloor het. Hoop net hulle bou nie wraak en haat op nie, maar sal ook liefdevol en sag soos hulle ma bly, want die ding wat gebeur het is erg en kan mens op meer as een gebied verander. Hierdie ou wat dit gedoen het, het meer as een mens se lewe nou verander. My hart is stukkend vir die familie wat n vrou, ma en dogter sommer net so verrloor het. Mag die Here julle dra en krag gee.

JJ ·

Gaan kyk die TV speletjies wat mense speel…..Hulle sit oor naweke vir ure voor ‘n TV, en as iemand jou moeilikheid gee dan gaan pick jy ‘n wapen uit ‘n aresenaal…..en gaan skiet jou “probleem” in die kop. As jy eerste geskiet word, druk jy net “re-start”, en probeer weer. Ongelukkig werk dit nie so in die werklike lewe nie.

Gamer ·

Ag JJ, die kommentaar is heeltemal onvanpas. Nêrens in hierdie verhaal word daar genoem dat die man geweldadige speletjies gespeel het nie. Selfs al was daar, moet mense ophou op speletjies, flieks en musiek te blameer vier aksies soos hierdie. Party mense is maar net versteurd in die kop.

Sumari ·

Dankie Gamer vir jou kommentaar. Mense is altyd so vinnig om te sê dis games se skuld.

Dee ·

JJ, dit word blaamverskuiwing genoem as jy nou probeer om die skuld op Bill Gates te pak.

Beatrix Stevens ·

Die Man”’ kon vir diefstal”’ n kort tydjie agter Tralies beland het, maar vir Moord Meneer”’ gaan jy nou sit”” Om n vrou se lewe so van haar te vat”’ Haar kinders is nog so jonk?? Cindy se hele gesig skep die Saggeaard. en opregte mens”’ beeld…. Mag jul as gesin berusting vind en mag die Vrede van God jul omhels… Mag die siek man”’ sy straf verdien”” en sy gewete hom pla… tot aan sy einde”’ Sterkte aan gesin…

John ·

Jou kommentaar is onsamehangend – vol verwysing na een of ander fiktiewe karakter – tipies dweper…..

Theresa ·

My innige simpatie aan haar gesin en familie. Hoe dwaas is die man? Hy het ‘n aanklag van diefstal gaan verander in ‘n aanklag van moord.

Sumari ·

Knersus D nee hy is nie bekend nie so hy gaan heel moontlik langer sit of altans ek hoop so. Jammer vir die kinders en man wat moet agterbly oor ‘n simpel vent.

Soekie van nikkelen Kyper ·

Cindy was n baie goeie vriendin van my. Dit was vir my n Groot skok om van haar dood te hoor en op so wrede manier my hart is nog baie seer. My hart gaan uit na haar familie , haar man en kinders toe sy het dit glad nie verdien nie. In alle opsigte soos haar sussie Melanie se van Cindy is waar. Cindy het geleef vir haar man kinders en familie sy was n pragtige men’s met n hart van goud sy kon enige situasie wat negatief is positive maak sy was altyd daar om te help R.I.P vriendin Justice will be served

HELEEN OOSTHUIZEN ·

ek is self n bestuurder by n petrol stasie – n mens moet altyd versigtig wees vir enige van die werkers want n klein verskilletjie kan n berg word en elke dag hoop jy maar net vir die beste jy kan nie elke dag konfrontasie vermy nie. my hart gaan uit na die vrou wat haar lewe verloor het en sy het net gedoen wat van haar verwag word. sy het nie verdien om te sterf ni – sterkte aan haar gesin en familie .

Elizabeth ·

Dis onsettend hartseer dat die twee seunjies en man van so ń wonderlike persoon ontneem is! Niks wat ek sê gaan julle diep seer weg vat nie, maar ek kan julle aan ons God opdra! Ek glo en vertrou dat die pappa sal seker maak om sy twee kinders groot sal maak soos sy dit sal wil hê! Ek dink aan julle en bid vir julle. Baie sterkte voorentoe.

Vir die man wat dit gedoen het….Ons God slaap nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.