Vrou byt glo stuk van ‘verkragter’ se tong af

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 66-jarige vrou van die Oos-Kaap het glo ʼn gedeelte van haar vermeende verkragter se tong afgebyt.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou het glo Vrydagaand in haar huis in Centane, naby King Williams Town, geslaap, toe iemand aan die deur geklop het. Voordat die vrou kon reageer, het die verdagte glo die deur oopgebreek.

“Die 24-jarige verdagte is na die vrou se bed en het haar glo gesoen. Die vrou het glo teruggeveg en ʼn stuk van die man se tong afgebyt. Die man het glo voortgegaan om die vrou te verkrag voordat hy gevlug het.”

Volgens Manatha het die vrou die stuk haar vermeende verkragter se tong gehou en dit aan die polisie oorhandig. Die verdagte is intussen Saterdag in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die Centane-landdroshof verskyn.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JZ ·

So Ja dit is soos n mens met hulle moet werk,merk hom sodat hy nie kan wegkom nie.

RC ·

Mooi so, vir haar, kom ek sê niks verder nie want dit gaan net lelik wees.

vermeende ·

En weer laat Maroela se woord keuse hulle in die steek. “VERMEENDE VERKRAGTER” Wat de hel het sy tong in haar moed gesoek?????
Het hy sy wil op haar afgedwing of nie, dit maak van hom ‘n verkragter. Die vrou het hom gemerk in tye van sy daad so hoekom sal Maroela die bloedjie as onskuldig wil voorhou??? Of is dit omdat hy swart is en dit die polities korrekte ding is om te doen?
Maroela, met die woordespel van die media dra die media by om misdaad aanvaarbaar te maak.

Martin ·

Die tong in die mond ding klink nie vir my rêg nie. Is die vrou regtig so onskuldig?

E.K. ·

Mooi so tannie, minstens het jy probeer om hom te laat onthou hy is gemors. Hoop sy tong swel goed op, pyn baie en kry somemr erge ontsteking

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.