Vrou dalk tronk toe ná sy versuim om SA minnaar te betaal

Kateryna Karpovska

Kateryna Karpovska

ʼn Vrou van Oekraïne wat twee jaar gelede sewe maande gegun is om geld terug te betaal aan haar bejaarde minnaar, of agt jaar tronkstraf te ontvang, het versuim om die geld te betaal.

Die staat probeer nou om haar opgeskorte tronkvonnis te aktiveer.

Kateryna Karpovska het intussen aansoek gedoen by die hoogste hof van appèl.

Landdros Amrith Chabilall het tydens haar vonnisoplegging in Julie 2013 gesê Karpovska was in ʼn romantiese verhouding met die bejaarde man en het die metode waarop sy die geld by hom afgerokkel het as ʼn “skande” beskryf. Die landdros het bevind Karpovska het die man oorgehaal om R4 miljoen in ʼn bank in Oekraïne te belê, maar sy het die geld vir haarself gehou. Chabilall het gesê Karpovska kwalifiseer vir die minimumvonnis van 15 jaar vir ʼn eerste oortreder, weens bedrog van meer as R500 000. Die enigste ding wat haar gered het, was haar twee kinders wat saam met haar in Suid-Afrika was. As sy tronk toe gestuur is, sou haar kinders sonder ondersteuning in ʼn vreemde land wees.

Karpovska se aansoek om verlof tot appèl is afgekeur toe sy in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaadhof voor landdros Sabrina Sonnenberg verskyn het.

Staatsaanklaer Derek Vogel het Maandag gesê Karpovska het nou by die Wes-Kaapse hooggeregshof aansoek gedoen om verlof tot appèl, maar daar het sy ook misluk. Sy het intussen die hoogste hof van appèl genader. Twee regters sal op 17 Augustus oor die saak beslis.

Karpovska is deur die gesamentlikeaandele-handelsbank in Oekraïne, beter bekend as Imexbank, as hoof verteenwoordigende beampte (HVB) aangestel by die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB).

Sy is op vier aanklagte van bedrog, een oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad en een oortreding van die Raad op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste skuldig bevind. Volgens die klagstaat het die bank uiteindelik sy verteenwoordigerskantoor in Maart 2008 gesluit. Karpovska het die SARB egter nie hiervan in kennis gestel nie en sy het steeds as Imexbank se HVB bly werk.

Sy het in die bedrogklag die man oortuig dat sy Imexbank se HVB is en dat sy ook die bank se hoof welvaartsbestuurder is

Die aansoek om die opgeskorte tronkvonnis te aktiveer, is uitgestel tot 23 September.

Karpovska het ook gejok oor haar kind se ontvoering om die losprysgeld te bekom.
Lees alle vorige berigte oor Kateryna Karpovska op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Die oubaas kan maar die geld op sy maag skryf en met sy hempie afvee.

Tammy ·

Die omie het nie sy verstand gebruik nie……iets anders. Hoe dink ouer mense? Gierigheid kon n groot rol gespeel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.