Vrou deur eie honde verskeur

Ronelle Seitz is in die hospitaal opgeneem nadat honde haar verskeur het. (Foto: Verskaf)

ʼn Vrou van Polokwane (Pietersburg) is die naweek deur haar gesin se honde verskeur.

Ronelle Seitz (59) woon by haar dogter. Hul twee Amerikaanse veghonde (pit bulls) het haar Saterdag “uit die bloute” aangeval, haar kopvel afgeskeur en haar aan die lyf, been en voet gebyt.

Volgens ʼn familielid het Seitz net ná 11:00 Saterdag van die haarkapper by die huis gekom en vir haar man medisyne gegee. Sy het uit die kombuis na buite gestap toe sy oor die trappies buite die kombuis gestruikel en neergeval het. Haar dogter het haar probeer ophelp.

“Terwyl haar dogter haar probeer ophelp het, het die reun aggressief geraak en dis toe dat die bytery begin het,” vertel Tess Riekert van die niewinsgewende organisasie Back On Your Feet. Sy dien tans as die familie se woordvoerder.

Riekert sê albei honde moes net daar in die agterplaas van kant gemaak word, aangesien dit die enigste manier was hoe die familie die honde van haar kon afkry.

“Ons het geen idee hoekom die honde so opgetree het nie,” sê Riekert. Seitz is dieselfde dag nog in die Netcare Hospitaal in Polokwane opgeneem en het reeds die eerste operasie ondergaan. Sy is tans in die hoësorgeenheid. “Sy het nie medies nie en is bloot in die Netcare Hospitaal gestabiliseer. Sy moet nou na ʼn staatshospitaal oorgeplaas word,” verduidelik Riekert.

Riekert is bekommerd dat Seitz nie behoorlike behandeling sal kry indien sy na ʼn staatshospitaal oorgeplaas word nie. Seitz se kopvel is heeltemal afgeskeur, sy het littekens op haar gesig en sal waarskynlik nog veloorplantings op haar been moet kry.

“Sy moet nog ʼn klomp opvolg-operasies ondergaan, maar die staatshospitale hier het gedurig ʼn tekort aan skoon linne vir die teaters en daar is dus ʼn groot gewag vir operasies. Ons vrees is dat haar wonde sal septies raak terwyl sy in die hospitaal lê en wag vir ʼn operasie.”

Die gesin probeer dus nou dringend geld insamel om Seitz in die Netcare Hospitaal te hou. Kontak Riekert by 083 270 0026 om ʼn bydrae te maak.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

65 Kommentare

jongste oudste gewildste
Koos de Meyer.

Vredeliewende honde, seker 1 uit ‘n miljoen. Byt sy eie uienaar. Dit is nie die eerste keer dat so iets gebeur nie.

Anthony

Klink my eerder of die honde met die val en ophelp vermoed het sy maak haar dogter seer en probeer beskerm het.

Lullie

Ja mense, jack russels byt ook stukkend sommer net so… Alle honde byt

Maryke

Meskien het die twee honde geskrik toe die dame geval het en het toe hulle misgis dat dit ‘n struweling is tussen die twee dames toe haar dogter haar probeer ophelp. Dis baie hartseer.

Thelma

Baie sterkte, ek hoop sy kry nie nodige behandeling.