Vrou deur eie motor vasgepen

Paramedici het die vrou in die oprit aangetref (Foto: Verskaf)

ʼn Vrou is Maandag ernstig beseer toe haar motor klaarblyklik by ʼn huis in Elardus Park, Pretoria, vorentoe gerol en haar teen die hek in die oprit vasgepen het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is die middag om 13:21 na die huis ontbied. By hul aankoms op die toneel het hulle die vrou in die oprit aangetref. “Sy was omtrent vergruis,” het Herbst gesê.

Paramedici het die vrou op die toneel begin behandel. Nadat hulle haar kon stabiliseer, is sy per helikopter na ʼn gespesialiseerde fasiliteit geneem vir verdere mediese behandeling.

ʼn Paar uur later is paramedici na ʼn bouterrein naby die N14 in Krugersdorp ontbied waar ʼn man dood is weens ʼn elektriese skok. Die man was glo besig om onwettige kragverbindings te ontkoppel.

Herbst sê paramedici het om 17:24 by die bouterrein aangekom waar hulle die man op die grond aangetref het.

Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.