Vrou deur hond verskeur

Argieffoto

ʼn Vrou van Centurion is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem nadat sy by haar huis deur ʼn hond aangeval is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou, vermoedelik in haar 40’s, het bytwonde oor groot dele van haar lyf opgedoen.

“Paramedici het omstreeks 19:50 Sondag by die vrou se huis in Priniastraat in Rooihuiskraal aangekom. Die vrou het in die oprit na die huis agter ʼn motor gelê,” het Meiring gesê.

Paramedici het onmiddellik die vrou begin behandel voor sy in ʼn ernstige toestand na die Kalafong-hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Dit is in dié stadium nog nie duidelik of die vrou deur net een hond aangeval is en of die hond aan haar behoort nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lousie ·

Gebeur deesdae elke 2de dag, wegloop honde, en honde in die straat en mense wie nie hul honde oplei of in toom hou nie, maak van kant!

CHANTELLE ·

DIS VINNIG OM TE SE MAAK VAN KANT AS DIT NIE EENS DIE HOND SE SKULD IS NIE, DIS DIE EIENAAR WAT DIE PROBLEEM IS.AS DIE EIENAAR OF DAT EK DIT SO STEL AS ELKE LIEWE PERSOON WAT NHOND INVAT NET WIL BESEF WATSE VERANTWOORDELIKHEID DIT IS EN SEKER IS HULLE WIL N HOND HE EN SAL HOM KAN VERSORG OPAS EN SEKER MAAK HY BLY UIT DIE STRATE UIT.. ANDER DUMP WEER NET LANGS DIE PAD EN ANDER WORRY DOOD EENVOUDIG NIE WAT MET HULLE HONDE GEBEUR NIE!AS JY NIE SEKER IS OOR N HND NIE MOET LIEWERS NIE EEN KRY NIE. DIE REGTE WOORDE EN WAT EK WERKLIK WIL SE SAL EK MAAR SAGGIES VIR MYSELF SE. PUNT: HOU OP OM ALTYD DIE HONDE TE BLAMEER VIR SY EIENAAR SE NALATIGHEID. MAGTIG MENSE WORD GROOT!

Francois le Cochon ·

Gelukkig kan die skuld nie gele word op ‘n Bullterrier of Pittbull nie!!

Yolandi ·

Hulle weet dan nie eers watter tipe hond dit is , of dit slegs een is en of dit haar eie is nie. Wat wet ek jou dis weer ‘n boerboel? Ek weet n bull terrier en pittbull sal nie sy eie eienaar verskeur nie. Ekt onlangs gehoor van ‘n border collie wat n oor afgebetyd het, skaaphond van alle honde. Mens weet nooit ne? Dalk is dit een of ander vreemde kruising. Sal nogal graag wil weet.

Andries ·

idris, ek moet saamstem. Die onkunde oor honde is so erg dat mens wonder hoe mense so min kan weet van honde tewyl daar verskeie brakke in elke agterplaas is. As die kat kleintjies kry sal dit seker ook ‘n Bull terrier of Pitbull se skuld wees.

marietjie ·

Dit gebeur nou al hoe meer gereeld dat jy lees van honde aanvalle maar dis ook nie vreemd om dit te lees as mens elke dag verby so baie rondloper honde ry nie. Mense kry `n hond en raak moeg daarvoor en los dan die hekke oop vir hulle om doodgery te word en die arme hond word `n honger bang hond wat deur mense verjaag en met klippe gegooi word. As elke persoon net verantwoordlikheid vir hulle troeteldiere sal begin aanvaar en steriliseer sal ons nie met so baie “unwanted” honde sit nie en sal daar verseker ook nie so baie aanvalle deur honde wees nie. Mense moet leer om na hulle troeteldiere te kyk, op te lei en hulle hekke toe te hou. Ek is baie lief vir honde en het self 3 German Shephards en 2 Jack Russels en hulle is my lewe. Ek kan net nie verstaan hoe mense doodeenvoudig hekke kan ooplos of `n hond kan he vir maande en dan net moeg raak vir die verantwoordelikheid nie, jinne op een of ander punt moet jy tog leer om lief te word vir jou hond en begin agterkom hoe kosbaar hulle is vir ons. Jammer maar die onderwerp maak my warm onder die kraag. Sterkte vir die vrou wat gebyt is, ek hoop sy herstel baie vining.

Rain ·

Stem saam Lousie. My dogter is gistermiddag aangeval – let wel aangeval – deur n pitbull terwyl sy met haar fiets in die straat in ons buurt gery het. Haar regterhand ernstig beseer. Hek het oopgestaan en 4 honde het haar gejaag en 1, n Pitbull, het haar aan haar hand beetgekry. Beslis is eienaar verantwoordelik maar n hond wat mense net aanval uit die bloute gaan dit weer doen. So moet die hond nou maar gelos word om dit weer te doen? En ja mense moenie met die storie kom van die kind het die hond geterg of mense verstaan nie honde nie. Dis n 16 jarige uiters sportiewe kind wat elke dag draf en fietsry oefen. Sy het beslis in straat af gery om te oefen nie om honde uit te lok nie. Eienaar is dom genoeg om n hond aan te hou wat hom baie geld gaan kos. My rekeninge gaan hy beslis almal betaal. Hoop ander word die trauma gespaar en dat nie nog iemand onder die hond deurloop nie.

Elize ·

Dit is maklik om te praat tot een van jou mense soos jou man of kind aangeval word deur so hond Weet nie waste hond nie maar my hart gaan uit na die dame. Hoop sy weet wie se hond dit is ek wens my vyand dit nie eers toe nie. As dit nie die eerste keer is nie wat die hond dit doen nie sal hy dit weer en weer doen ek praat van ondervinding.

Theresa ·

Ja die dame is n klere maakster van beroep en dit gaan haar finansieel verskriklik knou. Dit was haar bure se hond wat haar in haar eie yard aangeval het toe sy wou ry

annetjie ·

Janee Marietjie ek stem volkome saam jou dit is elke eienaar se verantwoordlikheid om na sy diere kinners om te sien en ook indien moontlik hul te laat steriliseer. My hondekinders is ook my lewe eks baie lief en kyk agter . Ek t ook ‘n klein hondjie wat haar vorige eienaars wou laat uitsit het en wat ek gevat het en sy is die dierbaarste dingetjie . Hulle het baie sleg na haar gekyk sulke mense moet beslis NIE diere hê nie

Pittie Liefhebber ·

Toe ek die opskrif sien het ek net geweet iemand gaan nou weer iets te se he oor ‘n Pitbull. . Al word daar nie eers genoem watse hond die arme vrou gebyt het nie. . En so terloops – ons het kameras op buite, en ek kan sien hoe die kinders my liefste Pittie terg – kinders is so aspris, in my geval kan ek darem die beeld materiaal vir die ouers wys sodat die kinders kan ophou. . maar ook my hond is goed opgelei so hy loop nie in die strate rond nie, hy word toe gehou agter ‘n hek. Ek hoop rerig almal kan hulle opinies oor Pitties vir hulself hou tot ons hoor watse honed dit was. . Baie sterkte aan die vrou, en hoop jy voel gou beter.

Leahim ·

Daar moet n munisipale bywet wees wat se die eienaar van n pitbull en rotweiler moet n spesiale permit kry om so hond aan te hou en sy perseel moet eers geinspekteer word en veilig verklaar word as jy dan iets gevaarlik wil aanhou kry n leeu of krokodil hou hom net veilig in jou eie erf.

Alida ·

Geen hond hoort buite sy erf nie behalwe aan n leiband saam met sy eienaar nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek dog honde opstraat is teen die wet? Kom ry in die strate van Monumentpark in Pretoria en kyk of jy loslopende honde sien. Wat moontlik beteken dat daar wel so ‘n munisipale reel is dat honde nie buite erwe toegelaat word nie.

THERESA VOSLOO ·

Dit is my suster wat aangeval is deur ‘n rondloper hond in haar eie erf. Dit was ‘n Boerboel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.