Vrou deur honde gebyt

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 58-jarige vrou is Maandagoggend ernstig beseer nadat sy deur honde aangeval is toe sy haar eie hond wou beskerm.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het by ʼn huis in Umgeni Viewestraat in Waterfall, noord van Pinetown in KwaZulu-Natal, plaasgevind.

Daar word vermoed dat twee honde uit ʼn omliggende erf losgekom en die vrou se Jack Russell in haar erf aangeval het. Die honde se ras is in dié stadium nog onbekend.

“Die vrou het haar hond probeer red toe sy deur die ander honde aangeval is. Sy is deur paramedici van Netcare 911 op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Mathe gesê.

Die Jack Russell het ook wonde opgedoen en is na ʼn plaaslike veearts geneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Charlene ·

STERKTE, EK SOU DIT OOK GEDOEN HET. HOOP ALBEI HERSTEL GOU

Sarie ·

As ek net na die foto kyk, voel ek naar & bewerig. Ek was nooit bang vir honde nie; totdat ek my Pekingese-reun as 6 weke oue baba gekoop het. Die mooiste ding, maar is hy befoeterd!!! My al ‘n hele paar maal flenters gebyt… My skoonseun sê dis omdat ek hom nooit laat kastreer het nie; nou raak hy gefrustreerd omdat hy nog nooit by ‘n teef gekom het nie, maar ek stem nie saam nie. Hy is 7jr oud, en is van kleinsaf sò!!!

Karma ·

Sarie, sommige honderasse is net die “happerige” soort – dit het niks te doen met jou hond se geslag, ouderdom en of die dier gekastreer/gesteriliseer is nie. Dit is juis veral Chihuahua’s, Pekingese en Maltesers wat so “happerig” is. Dit sal wys wees om miskien jou hondjie veearts toe te neem om seker te maak dat daar nie ‘n fisiese rede is vir sy happerigheid nie. ‘n Diere-gedragskenner (“sielkundige”) sal ook moontlik raad kan gee …. anders is ‘n ferm hand (letterlik) nodig – ‘n tik op die neus en ‘n ferm “NEE” as hy weer na jou hap.

Chris W ·

Buurman het groot probleme met vandag se wetgewing as dit kom by honde !Hy beter maar solank ‘n goeie prokureer kry want hy gaan hom NODIG kry!In elkgeval gaan hy moet opdok vir baie kostes.Mens moet maar dood seker maak jou hond/e kan NIE uit jou erf kom nie.Alle sterkte vir die vrou ,hoop sy herstel spoedig.Ongelukkig sal die sielkundige herstel baaaaaie lank neem indien ooit.

Alta ·

Moet asb nie foto’s van ‘n spesifieke ras, soos die GSD hier, gebruik as die ras van die honde nie bekend is nie. Dit ontstel mense onnodig en blaam word onnodig op die honderas geplaas.

Lelie ·

Ek stem saam Alta hoekom ‘n GSD foto gebruik ek het self 3 van hulle en hulle is baie liefde vol

Hannelie ·

Ai sterkte aan haar en haar hondjie. Ek is ook paar jaar terug deur ‘n hond gebyt en die eienares het al die skuld op my gepak, alhoewel sy met haar honde in die straat geloop het en die een hond my van agter aangeval het. Van toe af, is ek so bang om te gaan stap in ons eens stil buurt.

Thea ·

My hondjie Roxy is deur n boerboel aangeval agv die eienaar se hek wat oopgestaan het .Dit was baie erg en wreed om dit te aanskou en jy kan nie jou hond help nie jy is magtigloos .Ek moes my hondjie op die ou einde laat uitsit agv dat dit sal R8000 gekos het vir n operasie dit was baie hartseer om my hondjie uit te sit .Ek mis my hondjie nog baie en sal die gebeure altyd omdou .Sterkte vir julle .Ek stem dit is die eienaar se skuld en nie die hond se skuld nie

Nicolette ·

Baie jammer oor jou verlies. Dit is ‘n nagmerrie, myne is dood agv vergiftiging. Bly ‘n wrede dood. My honde is nie aggressief nie maar ons het dubbel hekke juis om te keer dat ‘n ongeluk gebeur.

Nicolette ·

Charles op grond van wat maak jy die stelling? Ek ken mense wat wreder is as ‘n wrede hond. En ek het 7 honde, waarvan nie 1 aggressief is nie, maar territoriaal is. En nee hulle het nog geen mens of dier seergemaak nie. Trek jou stelling eerder terug. En ek stem die foto is ontstellend en is net vir sensasie sekerlik, maar dit skep ‘n wanindruk.

Sê maar net... ·

Charles, ek het ‘n Pekingese-reuntjie, hy is 5 jaar oud en weeg ‘n volle 5kg! Ek sal graag wil sien hoe hy ‘n mens se gesig afvreet? Mens kry nie ‘n meer lojale vriend as ‘n hond nie!

Ann ·

Charles, jy ken duidelik nie ñ hond nie. Het jy geweet dat ñ hond word soos jy hom grootmaak? Ek het ñ labrador en ñ worsie, hulle is beslis nie “gesigvreters” nie. Watter fliek het jy gekyk?

Chivago ·

Komaan Charles! Hoe kan jy so veralgemeen? ‘n Hond is die beste metgesel wat enige mens kan kry. Lees weer die berig – hulle wou die hond aanval, nie die vrou nie. Ongelukkig het sy gedoen wat elke ander diereliefhebber ook sal doen en dit is om haar hondekind te probeer beskerm.

marianna ·

My jack russel is ook deur n groot hond aangeval maar ek het op die grote se rug geklim en hom op die snoet geslaan tot hy los, toe kom hy weer los toe bevlieg hy my hond weer hierdie keer het ek hom aan die wange gehou totdat die eienaar , ‘n ou man, gekom het en hom goed aangespreek oor sy hond. Klomp geld later, maar my woef is ok , dis al wat tel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.