Vrou deur honde verskeur

(Argieffoto: Pixabay)

’n 41-jarige vrou is Dinsdagaand op Vryburg, Noordwes, dood nadat vier Pitbull-kruisings haar verskeur het.

Volgens kol. Adèle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het Eunice Kelemogile Duiker net na 18:30 in Kampstraat gestap toe vier honde, wat Pitbull-kruisings is, haar in die straat aangeval het.

’n Ooggetuie het op voorwaarde van anonimiteit aan Maroela Media vertel sy het die aand in die straat afgery toe sy geluide van agter ’n hoop bousand wat langs die straat lê, gehoor het. Sy vertel dat sy in die rigting van die sand gekyk en gesien het hoe vier honde besig is om ’n persoon (Duiker) te verskeur.

Sy het dadelik die plaaslike buurtwag ontbied.

“Dit was ’n grusame prentjie. Die honde het die arme vrou verniel. Haar klere was van haar lyf afgeskeur,” het die ooggetuie vertel.

Volgens Myburgh is die polisie op Vryburg ontbied en met hul aankoms op die toneel, was Duiker reeds deur ’n ambulansdiens na die plaaslike hospitaal geneem.

“Die polisie is na die hospitaal toe, maar Duiker was reeds dood. ’n Geregtelike doodsondersoek is begin.”

Volgens Myburgh het Duiker baie ernstige bytwonde aan haar gesig, kop, arms en bene opgedoen.

Sy sê die eienaar van die honde is bekend aan die polisie.

“Dit is in hierdie stadium nog nie duidelik hoe die honde uit die erf gekom het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Gerhard ·

Baie hartseer dat so iets gebeur. Hoop die eienaar word van op die minste strafbare manslag verantwoordelik gehou.

Misky ·

Dit moes vreeslik gewees het. Bitter bly ek is nie die eienaar van daai honde nie en hy het jaaaare se probleme nou

Dries ·

Weer Pitbulls. Seker se die pitbull eienaars weer dat pitbulls nie gevaarlik is nie . Of is dit omdat dit kruisings is

Janine ·

Dis agv backyard breeders dat een van die beste rasse so slegte naam het!.

Annelize ·

Jy kruis nie ‘n Pitbull met enige ander hond nie. Punt.
Ek stem saam met Janine, dis agv backyard breeders dat sekere rasse sulke slegte name het. ‘n Pitbull is ‘n “powerbreed”, en nie almal is verantwoordelik, volwasse en opgewasse genoeg om “powerbreeds” te hanteer of korrek groot te maak nie.
‘n Hond se gedrag het baie te doen met die hand wat hom groot maak.

Piet Pompies ·

Nalatige eienaar – Straf hom/haar – en die hartseer saak is dt almal die honde gaan blameer

Dries ·

Opregte pitbulls is nog gevaarliker. Hulle byt nie net nie ,hulle maak dood

Martie ·

Ek is uit my hart uit jammer dat so iets moes gebeur met ń onskuldige mens…..MAAR heelmoontlik is die honde so verpes deur verbygangers dat hulle bos geraak het. Ek sien dit self….my honde word verpes elke liewe dag….praat help nie wat jy word uitgelag

Mallie ·

Die honde was seker gepes en toe n renons in die persoon of persone ontwikkel. Toe kans hom voordoen het hulle gebyt.

Chris ·

Die probleem is met honde ongeag hulle grootte of ras almal is aggrasief as hulle getart of as hulle voel bedreig. Dit hang ook af van die eienaars af of hulle die honde kan beheer. Daar is wel sekere rasse hond wat meer aggressief is ander rasse. Alle honde benodig aandag en ook hulle moet verstaan wat is die perke in hul omgewing. Ek het twee Rhodesian Ridgeback gehad en altwee was vredeliewend an hulle het hulle erf beskerm. Niemand wat nie daar behoort het het nie ingekom nie. Ek stem nie saam emt jou stelling nie. n Persoon wat a hond aanskaf moet onthou dit is vir a paar jaar met die dier wat aandag en liefde benodig en nie vir n kort tydperk nie.

Dries ·

Alle honde kan byt maar pitbulls maak dood. Dit is n feit. In sekere state in amerika word hulle nie toegelaat nie

Sonneblomkind ·

Bitter jammer vir die arme vrou. Die eienaar moet TEN ALLE TYE TOESIEN DAT SY HONDE NIE OP STRAAT IS EN KAN UITKOM NIE. BAIE HONDE WORD GETART EN MENSE SOEK SKOOR MET HULLE. Nou kry die PITTIES weer n slegte naam. ENIGE HOND BYT GROOT OF KLEIN.

Foefie ·

Daai honde moet van kant gemaak word. Die eienaar is in baìe baie groot moeilikheid en tereg ook.

Alma ·

Die probleem was hier nie die honde nie, maar wel dat sulke kwaai honde uit die erf kon kom. Ek voel dis die eienaar se skuld. Sjoe, arme vrou!

Kensy ·

Daar moet gekyk word na die eienaar van n dier voordat jy n dier veroordeel.
Meeste diere doen wat hulle geleer is en is soos (onstabiele mense) ook n produk van hulle opbreng/opvoeding.

Nico ·

Dit is tragies dat sy haar lewe verloor op so ‘n gruwelike manier. Wanneer mense diere wil aanhou kyk na die diere en maak seker dat die behoorlik toe is, wanneer die persoon die erf verlaat kyk dat die hekke behoorlik toe is, kyk ook dat die hekke nie oop gelaat is deur die ander bewoners nie.

DIABLO ·

Enige hond kan byt. Dit is die eienaar se verantwoordelikheid om sy hond sosiale vaardighede, dissipline en orde te leer. My simpatie vir die vrou en haar naasbestaandes.

Kensy ·

Traggies!
Ek is egter seker dat hierdie insedent die produk is van voorafgaande gebeure.
Onverantwoordelike eienaar?
Is die diere geterg?
Was die diere heeldag aan kettings vas wat frustrasie tot gevolg gehad het?
Is die diere gebruik vir honde gevegte wat tot hierdie aggressie gelei het?
Stabiele honde reageer nie so sonder motivering nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.