Vrou deur leeu doodgebyt in Jhb-park

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is Maandagmiddag dood nadat sy deur ʼn leeu by die Leeupark in Honeydew, Johannesburg aangeval is.

Scott Simpson, woordvoerder van die Leeupark, het aan Maroela Media gesê die vrou, vermoedelik in haar veertigs en ʼn man het in hul motor deur die Leeupark gery. Die motor se vensters was oop en ʼn leeuwyfie het by die venster aan die passasierskant ingespring en die vrou gebyt.

“Ons mense wat in daardie stadium by die leeukamp gewerk het, het gesien wat gebeur en het dadelik nader gehardloop om die leeu te verjaag. Die ambulans is ontbied en hulle was baie vinnig op die toneel, maar ongelukkig is die vrou dood terwyl paramedici besig was om haar te behandel,” het Simpson gesê.

Hy het gesê die vrou was glo nie ʼn Suid-Afrikaner nie, maar hy kon nie bevestig van watter land sy afkomstig was nie. Die vrou se naam kon ook nie in hierdie stadium bevestig word nie.

Volgens Simpson word besoekers aan die park gewaarsku om hul vensters toe te hou wanneer hulle deur die leeukamp ry. “Ons het oral kennisgewingborde op om besoekers te waarsku om hul vensters toe te hou. Wanneer besoekers by die hek inkom, kry hulle ʼn kennisgewing waarop daar staan dat hul vensters te alle tye moet toe wees. Ons maak dit baie duidelik. Alhoewel hierdie leeus in aanhouding is, is hulle beslis nie mak nie en kan ʼn mens nie aan hulle vat nie.”

Hierdie is die derde voorval van sy soort vanjaar by die Leeupark. In Maart is ʼn Australiese toeris  deur ʼn leeu gebyt wat sy kop by die motorvenster ingedruk het. Slegs twee dae daarna is ʼn 13-jarige seun deur  ʼn jagluiperd aangeval en gebyt toe die seun, wat in ʼn informele nedersetting naby die park woon, deur ʼn draadheining gekruip en met sy fiets teen die jagluiperdkamp se heining afgery het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Sê maar net! ·

Die leeus en jagluiperd sal nou die skuld kry. Toeriste ken net dieretuine en moet regtig vervolg word as hul die reels nie gehoorsaam! Die kind, mens kan nie glo dat hul nie behoorlik deur hul ouers ingelig is oor die wilde diere nie.

Tom Theron ·

Die leeu het sommer self die vervolgwerk gedoen. Die uitspraak: Doodsvonnis vir die oortreding.

Kowie ·

KRY DIE DIERE OOIT GENOEG KOS? IN LEEU VAL NIE NET MENSE AAN NIE TENSY HY BEDRYG VOEL OF HONGER IS. ONS HET BAIE MET LEEUS HIER IN NAMIBIA TE DOEN .

Irah ·

Ek gaan ń kans waag en sê die vrou is beslis nie ń Suid Afrikaner nie en ek wens buitelandse toeriste wil besef ons wilde diere is nie sirkus maatjies nie!!!

Dave ·

Dit blyk dat die vrou besig was om fotos te neem van die leeu en mense behoort te weet dat jy nie ‘n leeu fotografeer met ‘n kamera wat flits nie.

Erika ·

Ek was al n paar keer daar met voer tyd en die mense van die park ry van kamp na kamp om vir mense te se om vensters toe te hou. Maar as hulle uit sig is maak die mense ma net weer die vensters oop. Daar is Kennisgewing by elke kamp ingang. Nou wie is onverandwoordelik.

Michélle ·

As mense nie wil luister nie moet hulle maar voel. Regtig, die diere is nie te blameer nie. Sy het die risiko aanvaar en haar met die gevolge vereenselwig toe sy haar venster oop gelaat het. Dit is nou hoe dit is.

Nina ·

Flok tog. Dat grootmense nie kan begryp dis ‘n WILDE dier nie… *sug!* Die kind wat aangeval is, het SKELM deur drade geklim, so dit was sy EIE skuld! En hy was darem wraggies ook nie so klein dat hy nie van beter geweet het nie!
As jy jou wil vertraag hou en met oop vensters wil rondkarwei by sulke massiewe wild, moet jy nie huil nie.

Steve ·

Die inligting wat goeie joernaliste vir die publiek behoort te bied, moet eerstens geverifieer te word…sulke vae berigte lei tot verwarring en onsekerheid by die publiek.
Maroela moet hul werk ordentlik begin doen.
Hierdie is die tweede swak berig…nee regtig!

Cathy ·

Steve, haar venster was oop, die leeu het haar aangeval, sy is dood. Wat meer wil jy weet? Gaan lees die Beeld as Maroela dan vir jou so swak is, ek dink hulle doen goeie werk.

Griki ·

Ek stem saam, Cathy. Ek dink Maroela Media doen puik werk as jy dit vergelyk met NW24, waarvan Beeld deel is. Party mense kan net nooit tevrede gestel word nie.

Retha ·

Hoor hoor Cathy! Maroela Media doen puik werk!! Kan dit glald nie eens met NW24 vergelyk nie – en dis gratis!!!! Nee wat, party mense is nie gelukkig as hulle nie kan kla nie.

scalla ·

Wilde diere ken nie die verskil tussen reg en verkeerd nie, ek hoop die leeu se lewe bly gespaar want as die reels nagekom was sou die tragiese gebeurtenis nie plaas gevind het nie.

Sollie ·

Sulke onnoselheid maak my absoluut WOEDEND! Ek hoop die leeu word nou nie van kant gemaak nie. En ek hoop dat die park se mense gaan oplet na mensew at ten spyte van talle waarskuwings STEEDS hul venster oopmaak sommer hul dadelik ‘n boete gee en hul vra om onmiddellik die park te verlaat. Hoekom hoor mens nie van leeus in die Kruger wildtuin wat so maak nie? Dit klink my die mense wat hierheen kom tart die arme diere ook nog!My simpatie is by die diere…

Knersus D ·

This Is Africa Broe’… beslis nie soos die leeu in Madagascar nie! Een ding egter, moenie die leeu blameer nie.

Leeutjie ·

Ek dink die laaste foto wat sy geneem het kan baie grafies wees. Sjoe!

Dave ·

Het dit vroeër tussen die kommentare genoem en ek herhaal dit – dit is bekend dat sy besig was om fotos te neem. Waarskynlik het sy ‘n foto geneem met ‘n kamera wat geflits het en wanneer diere soos leeus betrokke is, is dit lewensgevaarlik.

Leeutjie ·

Wat ek bedoel het is toe die kamera flits en die leeu afneem toe sy spring. Dit kan baie grafies wees!

Dave ·

Jy’s nogal reg maar miskien ook nie want daardie foto is geneem in ‘n spoed van ‘n sestigste van ‘n sekonde of vinniger en die leeu het waarskynlik daarna gespring. Maar miskien is jy tòg reg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.