Vrou deur trok vergruis

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn 34-jarige vrou is Donderdagmiddag in KwaZulu-Natal deur ʼn vragmotor vergruis.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 17:00 by ʼn onderneming in Valley Viewstraat in New Germany, noordoos van Pinetown, plaasgevind.

“Die vragmotor se bestuurder het vermoedelik nie gesien die vrou staan langs die pad toe hy in die oprit na die onderneming ingedraai het nie,” het Meiring gesê. “Die vragmotor het die vrou getref en haar teen ʼn muur vasgepen en vergruis.”

Met paramedici se aankoms is die vrou op die sypaadjie aangetref waar sy omring was deur haar kollegas.

Die vrou het verskeie noodlottige beserings opgedoen. “Ongelukkig kon niks vir haar gedoen word nie en sy is op die toneel dood verklaar.”

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize C ·

Verskriklike tragedie, simpatie aan die naasbestaandes. Soos ek die berig verstaan, is my afleiding dat die trok in elk geval die muur sou tref, as die vrou se liggaam vergruis is. Hoe het die bestuurder opgelet na beskikbare spasie weerskante van die trok om in die oprit in te trek? Sommige ingange na besighede is uiters smal, ek weet nie hoe die eienaars dink ‘n afleweringstrok daar moet inbeweeg nie. Ek kan nie oordeel nie, want ek was nie daar nie en weet nie wat die presiese omstandighede was nie, maar dit klink vir my of daar in elk geval ‘n botsing sou wees. Strafbare manslag as gevolg van nalatigheid……?

Francis Linstrom ·

My simpatie aan naasbestaandes. Ek was ook nie daar nie maar wil darem dit se. Die dag wanneer voetgangers besef hulle het nie n kat se kans teen enige voertuig nie, sal daar baie minder sterftes wees. Ek sien elke keer as ek in die dorp kom, hoe meeste voetgangers blindelings voor voertuie inloop.

KarooKlong ·

Een van die hartseer verhale om aan die naasbestaandes oor te vertel.
Meegevoel met naasbestaandes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.