Vrou, dogter in huis oorval

Argieffoto

ʼn Vrou en haar dogter is Dinsdag in die vroeë oggendure in hul huis in die Oos-Kaap oorval en beroof.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffers is teen 01:00 deur drie mans wat klapmusse aangehad het in hul huis in Ploverstraat in Gamtoos, Thornhill, oorval.

“Die mans was met skroewedraaiers en ʼn panga gewapen. Hulle het gedreig om die slagoffers dood te maak en aangedring op waardevolle besittings.”

Die verdagtes het te voet gevlug met ʼn bedrag geld, juweliersware, skootrekenaars en ander elektriese ware.

Die slagoffers het geringe skraapmerke opgedoen en is deur paramedici op die toneel behandel.

Die Kings William’s Town-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie het ʼn beroep op mense gedoen om Crime Stop by 0860 010 111 te bel as hulle enige inligting oor die voorval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Afrikaanse Knaap ·

Dankie tog hulle leef.
Sterkte aan hulle me die trauma. Dis ‘n rowwe ding om deur te werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.