Vrou, dokters glo in staatshospitaal in kwarantyn gedwing

Argieffoto (Foto: Unsplash)

ʼn Vrou van Lephalale (Ellisras) in Limpopo wat positief getoets het vir Covid-19, moes die naweek noodgedwonge in ʼn staatshospitaal in die provinsie opgeneem word nadat sy reeds twee weke lank in selfisolasie tuis aangesterk het. Sy toon boonop geen simptome van die virus meer nie. Die opname het gevolg na bewering op bevel van dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo.

Die omstandighede in dié hospitaal is glo haglik en haar familie oorweeg regstappe indien die vrou nie binnekort ontslaan word nie. Twee dokters word glo ook teen hul wil in ʼn staatshospitaal in dié provinsie “aangehou”.

Die suster van die 64-jarige vrou het Dinsdag aan Maroela Media gesê dat die vrou op 19 Maart uit Indië na Suid-Afrika teruggekeer het, waarna sy haarself dadelik isoleer het uit vrees dat sy moontlik aan die nuwe koronavirus blootgestel kon wees. Nie een van die twee wou hul name bekendmaak nie.

Sy het twee dae later matige simptome begin toon waarna sy eindelik vir Covid-19 getoets is. Die toets het positief teruggekom en die suster het in selfisolasie gebly onder behandeling van haar huisdokter.

Die wet bepaal dat Covid-19-pasiënte wat nie simptome toon nie, hulle tuis mag isoleer.

Die vrou is ʼn diabeet en het volgens haar suster goed tuis aangesterk – soveel dat sy nou geen simptome meer toon nie. Die departement van gesondheid in Limpopo het haar egter Saterdag gekontak en ingelig dat sy dadelik in die MDR TB-hospitaal in Modimolle (Nylstroom) opgeneem moet word. Daar is aan haar verduidelik dat sy geen keuse in die saak het nie.

By die hospitaal gekom is haar skoensole ontsmet voordat sy na ʼn hospitaalkamer begelei is. Voordat sy alleen gelaat is, is daar aan haar gesê dat sy haar temperatuur drie keer per dag moet neem.

Die vrou se suster vertel dat sy eers die volgende dag ʼn bord kos gekry het. Dié kos was ook nie voldoende vir haar dieet as diabeet nie. Volgens die Covid-19-pasiënt het sy geen mediese sorg ontvang sedert sy opgeneem is nie. Geen dokter het haar al besoek nie en daar is ook geen navraag na haar welstand gedoen en gevra of sy enige medikasie benodig nie. “Ek is toegesluit in ʼn kamer, dis al,” het sy aan haar suster verduidelik. Om sake te vererger, is dié hospitaalkamer vuil en word haar kos glo deur ʼn venster vir haar aangegee.

hospitaal

Argieffoto: Erkan Utu/Pexels.com

Die vrou is ook nie die enigste Covid-19-pasiënt in Limpopo wat in kwarantyn gedwing is nadat sy goed aangesterk het in selfisolasie nie. Ramathuba het glo ook versoek dat twee jong dokters verlede week in die hospitaal opgeneem word, nadat hulle ʼn ruk gelede positief getoets het en sedertdien in selfisolasie was. Die dokters werk in Mpumalanga maar woon in Limpopo.

“Dit is totaal onnodig. Die LUR behoort van beter te weet. Hierdie mense kan na hulself omsien by die huis,” het Johann Abrie, DA-wyksraadslid in Limpopo, aan Maroela Media gesê.

Volgens Abrie word die pasiënte soos gevangenes teen hul wil in die hospitaal aangehou. Hy meen dit is bloot ʼn vermorsing van hulpbronne aangesien die beddens gebruik kan word vir pasiënte wat werklik siek is en mediese behandeling nodig het.

“Al drie hierdie pasiënte het ook ʼn mediese fonds. Hulle kon dus in ’n private hospitaal opgeneem word, sou hulle wel besluit dat hulle in ʼn hospitaal opgeneem wil word.”

Abrie gaan binnekort op versoek van die vrou van Lephalale se familie ʼn brief aan die LUR rig, vergesel van ʼn aanbeveling deur die vrou se huisdokter. Daar word in dié brief versoek dat die vrou binne 24 uur uit die hospitaal ontslaan word. Sou dit nie gebeur nie, sal die familie ʼn dringende hofbevel in die hooggeregshof bekom.

Dr. Angelique Coetzee, nasionale voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het reeds ʼn brief aan die LUR gerig waarin sy haar misnoeë uitspreek oor die twee dokters, Taryn Williams en Claire Olivier, wat teen hul wil opgeneem is, berig GroundUp.

“U besluit om die dokters deur middel van ʼn hofbevel te dwing om opgeneem te word en die manier waarop hulle sedertdien behandel is, is baie ontstellend,” lui Coetzee se brief aan die LUR.

Maroela Media het herhaaldelik Ramathuba se woordvoerder in die hande probeer kry vir kommentaar, maar was tot dusver nie suksesvol nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anel ·

En wie is die mense wat soos kriminele behandel word? Weerlose, blanke vroue!!! Dit lyk my hulle pas die engelse metodes toe van 1900 om die mans tot oorgawe te dwing, mishandel die vroue en kinders. Lafharte!!
Die mense was vir niemand ‘n gevaar nie maar nou word hulle lewens in gevaar gestel. Wat gaan gebeur as hulle nou regtig siek word in die hole wasr hulle aan gehou word? En is hulke beter ingelug as die dame se huisdokter? Kla hulle krimineel aan. Onwettige ontneming van vryheid.

Willem ·

Ja beter om stil te bly anders gaan jy doodgaan in een van die staatshospitale

Fae Fubar ·

Ek het nou vir ‘n oomblik gedink ek lees ‘n Heinz G Konsalik boek.

Eerlik ·

Klink vir my soos n baie ras gedrewe operasie daar in Limpopo…..ek hoor nie van “our people” wat daar aangehou word teen hulle wil nie.

Michael 1 ·

Alles wat die regering doen is ras gedrewe ons ligte velle word net geduld oor ons belasting moet betaal.

Pieter ·

Misdadig. Die mense verkeer in ‘n groter gevaar om siek te word van iets anders as Covid-19. ‘n Diabeet vra beter versorging, baie komplikasies kan intree. Die 2 jong dokters kan seker na hulself omsien. Maar ja, die klomp kan nie eens ‘n rioolplaas bestuur nie en van al die riool besmet hulle drink -en besproeingswater. Die hele sisteem is chronies siek.

D ·

Dit lyk asof Limpopo die n ras gedrewe probleem wil maak 3 blankes almal kry sulke behandeling ????

Agge nee ·

As ek positief toets, sal ek wragtig doodstil bly en as dit uitkom sal ek vlug. Ek gaan my nie laat opsluit in ‘n hool nie. Ek wonder as tannie Popi positief toets, sal sy ook na hierdie ‘fasiliteit’ toe gesleep word en opgesluit word. Nee, die tannie sal seker in ‘n vyfster hotel in afsondering gaan. Sal die lekkerste kos en drank geniet.

Boortor ·

Ek dink ook bly eerder stil as jy nie n ander mediese toestand ook het nie. Staatshospitaal=Doodsvonnis

PieterP ·

Nie eers ‘n gewone staatshospitaal nie, ‘n TB hospitaal!!!

Anel ·

Sal graag wil weet of her MM al vir ons nuus oor die uitslag van hierdie saak. Dis kommerwekkend wat hier aangaan en as daar nie daadwerklik teen die spul in magsposisies op getree gaan word nie gaan ons as blankes net aanhou tweede kom.

Piet ·

Dit is die tweede geval van waar mense in Limpopo na plekke geneem word onder dwang – 1ste is die lodge naby Lephalale en die 2de die na die TB Hospitaal in Modimolle. In albei gevalle was/is daar klagtes oor die behandeling. Dit is ‘n ernstige vingerwysing na die dept van gesondheid en die LUR. Ek wonder of die LUR al ooit in haar lewe by die TB Hospitaal was? Ek betwyfel dit. Ek was al by geleentheid daar en kan u verseker dat die betrokke vrou nie oordryf nie. U kan enige van die staatshospitale in Limpopo besoek en sal verbaas wees oor die chaotiese toestande. By een hospital in die Zebedelia area bly die katte saam met die pasiente op die beddens en bemors die kamers. Die verpleegpersoneel maak nie skoon nie. Die katte se gemors lê orals rond.
Ek daag die LUR uit om die hospitale te besoek sonder vooraf kennisgewing van die besoek. Sy sal dan sien wat aangaan.
Dankie aan Johan Abrie wat bereid is op testaan vir die omstandighede.

marius ·

Die twee dokters is met ‘n hofbevel en polisie uit hul huis geruk en hul honde DBV toe !

Oujongvrou ·

Ons wittes sal maar doodstil moet bly as ons siek voel en onsself gesond kry. Jou kanse by die huis is baie beter. Wat erg kommerwekkend is, is dat die howe sulke hofbevele toestaan. Dis maak my bang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.