Vrou dood, 17 beseer in botsing

netcare911 1ʼn Bejaarde vrou is dood en 17 mense beseer nadat ʼn minibustaxi en ʼn bakkie in Bhomela aan die KwaZulu-Natalse suidkus gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê van die beseerdes was in die wrak vasgekeer. Hy sê die bejaarde vrou is met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar.

“Drie mense is kritiek beseer, nege mense is ernstig beseer terwyl vyf mense wonderbaarlik met slegs ligte beserings daarvan afgekom het.”

Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na ʼn hospitaal in Port Shepstone vervoer is vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.