Vrou dood, 7 beseer in PMB-ongeluk

netcare1ʼn Vrou is Sondag dood en sewe mense is beseer in ʼn botsing tussen ʼn motor en ʼn bakkie in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die motor het aan die kant van die bakkie gebots waarna die bakkie omgeslaan en gerol het.

Volgens Botha was daar passasiers agterop die bakkie en is hulle van die bakkie af geslinger toe dit gerol het. ʼn Vrou is op die toneel dood verklaar. Vier mense is ernstig beseer en drie mense het ligte beserings opgedoen.

Die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ghost ·

Dis so jammer vir die afsterwe en die wat beseer is. Maar wil mense nie luister en besef jy stel iemand se lewe in gevaar as jy mense op n agter kan van n bakkie vervoer nie. Ek ry juis gister in PTA en dien die mense voor my wat met n bakkie ry, n seun von so 13-14 ry agter op, staan in die middel van die bakkie en kyk voorentoe. Die bestuurder ry baie versigtig en stadig, maar in vandag se samelewing gebeur dit so maklik dat jy kan hoe versigtig ry, iemand anders kan enige oomblik in jou vas jaag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.