ʼn Vrou is Sondag dood en sewe mense is beseer in ʼn botsing tussen ʼn motor en ʼn bakkie in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die motor het aan die kant van die bakkie gebots waarna die bakkie omgeslaan en gerol het.
Volgens Botha was daar passasiers agterop die bakkie en is hulle van die bakkie af geslinger toe dit gerol het. ʼn Vrou is op die toneel dood verklaar. Vier mense is ernstig beseer en drie mense het ligte beserings opgedoen.
Die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Dis so jammer vir die afsterwe en die wat beseer is. Maar wil mense nie luister en besef jy stel iemand se lewe in gevaar as jy mense op n agter kan van n bakkie vervoer nie. Ek ry juis gister in PTA en dien die mense voor my wat met n bakkie ry, n seun von so 13-14 ry agter op, staan in die middel van die bakkie en kyk voorentoe. Die bestuurder ry baie versigtig en stadig, maar in vandag se samelewing gebeur dit so maklik dat jy kan hoe versigtig ry, iemand anders kan enige oomblik in jou vas jaag.