Vrou dood in gru-ongeluk by myn

Argieffoto

Maggie Dimakatso Semata (31), ʼn vrouemynwerknemer, is Maandag dood in ʼn gru-ongeluk by de De Beers Venetia-diamantmyn in Limpopo.

Sy het op ʼn vervoerband geval.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het glo reeds Sondag plaasgevind.

“Die vervoerband het haar uiteindelik in ʼn klipskroptoestel ingetrek waar haar liggaam later, vasgeknel tussen die klippe, aangetref is. Sy het talle beserings opgedoen. ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek,” het Mojapelo gesê.

Venetia-myn is in die Alldays-polisiëringsgebied, sowat 80 km buite Musina, geleë.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

christa ·

wonder vir wie hulle nou wil aankla. Die vrou het geval, is dit iemand se skuld?

Knapie ·

Hoekom het sy geval? Het sy aleen gewerk? Was daar voldoende beskerming om so ongeluk te voorkom. Vervoerbande het gewoonlik veiligheidskabels wat die masjien stop indien daaraan getrek word. Dit is onnodig dat iemand moet beseer word (Sterf is des te veel erger) in enige industriele proses. Ondersoek moet gedoen word om te bepaal hoe n herhaling voorkom kan word.

not in wonderland ·

Christa, sulke insidente word volledig ondersoek en die oorsaak word vasgestel volgens wetgewing.

Myner ·

Mynwerk is maar gevaarlik net soos reddingswerk, polisiediens, soldaat wees.

Ag asb ·

Met blankes wat altyd fout soek by iemand anders sal ons in SA ondergaan .. Almal wat kamstig so wil agterbly en ‘veg’, mag ek nooit saam met julle in ‘n oorlog te staan kom nie, julle is slegter as die vyand.

PJC ·

Ek sien geen fout met die kommentare nie. Almal is nuuskierig om te weet hoe gebeur so iets want ons is nie almal mynwerkers nie. So nou verstaan ek nie vanwaar hierdie negatiewe kommentaar van Ag Asb nie veral aangesien dit spesifiek gemik is op wittes.

Kannaland ·

Ag asb jy moet asseblief ophou om so te veralgemeen., wees bietjie oopkop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.