Vrou dood in huis aangetref

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn vrou (40) Saterdagmiddag dood in haar huis buite Willowvale in die Oos-Kaap aangetref is.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in die Mboya informele nedersetting gebeur. Inwoners van die nedersetting het bekommerd geraak toe hulle die vrou nie deur die dag buite haar huis gesien het soos gewoonlik nie. “Een van die inwoners het uiteindelik deur haar venster geloer en die vrou se liggaam in die huis gesien,” het hy gesê.

Volgens Manatha is die vrou in die bolyf gesteek met ʼn skerp voorwerp. “Die verdagte of verdagtes het vermoedelik deur ʼn venster toegang tot die huis verkry, want die deur was steeds gesluit,” het hy gesê. Dit is nog nie duidelik of iets uit die huis gesteel is nie.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jaco ·

Ek weet dis amper “mode” en amper “polities korrek” om wit mense dood te maak, so dis vreemd dat hulle ook hulle rasgenote doodmaak.

snoefie ·

DIT gebeur baie meer gereeld as wat jy ooit kan dink. daar word net nie n ophef daarvan gemask nie. moord is mos n sport in sommige kringe.

Ekke ·

In die ou dae het die mense altyd gesug en gese:” ja hoe meer dae hoe meer dinge” maar in vandag se moderne tyd se ons:” Ai hoe meer dae hoe meer moorde” …..daar gaan nie n dag verby wat ons nie van moorde lees nie wat eintlik regtig skrikwekkend is! Dankie MM dat julle ons op hoogte hou van alles. Sterkte aan die naasbestaandes van die vrou. Ons kan maar net bid en julle opdra aan ons hemelse vader.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.