Vrou dood in huis gevind

[OPVOLG] ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vrou wie se liggaam Maandagoggend in haar huis in Pringlebaai in die Wes-Kaap gevind is. Lees die opvolgberig hier.

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 53-jarige vrou van Pringlebaai in die Wes-Kaap is Maandagoggend dood in haar huis gevind.

Sinathi Joni, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vrou se liggaam is tussen 08:00 en 13:10 in die huis aangetref. Joni het nie bevestig wat die oorsaak van die vrou se dood was nie, maar het gesê ʼn saak van moord word ondersoek.

Volgens inligting op sosiale media is die vrou vermoedelik tydens ʼn huisbraak vermoor. Daar word beweer dat die huis binne “omgekeer is” en haar voertuig vermis word. Joni het nie gereageer op ʼn skriftelike navraag oor of daar enige waarheid in hierdie bewerings steek nie.

“Die omstandighede rakende die voorval word ondersoek,” het Joni gesê. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die naam van die oorledene is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Hoop daar is ‘n opspoorstelsel in haar motor. VInd so gou moontlik uit!? Met Rica en Fica en wat als kan die selfoon ook hopelik opgespoor word per sein?

Mike Kaapstad ·

die vrou se liggaam is tussen 08:00 en 13:10 in die huis aangetref. Kan die polisie nie eers se hoe laat presies nie , ??????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.