Vrou dood in kar gevind

(Argieffoto: SA Polisie)

Die polisie in Mpumalanga is op die uitkyk vir die moordenaars van ʼn 33-jarige vrou, wie se liggaam  verlede week in Machadodorp gevind is.

Die polisie het ʼn oproep gekry oor ʼn vrou wat skynbaar bewusteloos in ʼn motor in ʼn veld langs Rietfonteinplaas gevind is.

“Met die polisie se aankoms op die toneel is die vrou in die passasierskant van die motor aangetref. Sy het ʼn skietwond aan haar kop gehad. Mediese personeel is oor die voorval ingelig en die vrou is met hul aankoms op die toneel dood verklaar,” sê brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga.

Die vrou is intussen geïdentifiseer as Nompumelelo Patricia Malaza, ʼn werker by ʼn bekende bank in Sabie. Volgens haar familie was sy op pad om by haar broer in Carolina te gaan kuier.

Hlathi sê niks is uit die voertuig gesteel nie en die vrou se besittings, waaronder haar skootrekenaar en handsak met haar beursie, was nog net so in die motor.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die motief is nog nie duidelik nie, aangesien niks uit die voertuig gesteel is nie,” sê Hlathi.

Die polisie versoek enigiemand met inligting oor die voorval om die speurder, sers. Sergeant Busani Johannes Mnisi, by 082 798 0758 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JM ·

Hoe lank gaan die lamd nog gebuk gaan onder al die sinnelose moorde! Misdadigers skiet links en regs mense dood en Cele wil wetsgehoorsame burgers ontwapen!!

Jack ·

Dit is tyd dat cele en sy bende se koppe rol want voordat dit nie gebeur nie gaan wetteloosheid net verder onbeheersd voort. Dis nou tyd moenie wag nie.

Benita ·

cele is te slapgat om sy werk behoorlik te doen. Teiken wetsgehoorsame mense. Hy is so bang vir sy eie nasie. Slapgat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.