Vrou dood in parkeerarea aangetref

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die liggaam van ʼn vrou Woensdagaand in die parkeerarea van ʼn woonstelblok in Bulwer, KwaZulu-Natal, aangetref is. Die vrou het verskeie steekwonde opgedoen.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, is owerhede omstreeks 23:00 na ʼn toneel ontbied waar ʼn vrou in haar laat twintigs na bewering vanuit ʼn woonstel na haar dood geval het.

By hul aankoms op die toneel is die vrou egter met verskeie steekwonde aangetref.

Gwala vertel verder dat die polisie se voorlopige ondersoek hulle na die woonstel gelei het waar ʼn man (40) ook met steekwonde aangetref is. Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die man op die toneel behandel en hy is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem.

Gwala verduidelik dat ʼn huishoudelike geskil glo tot die dood van die vrou gelei het. Die man is op aanklag van moord in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting môre in die Durban-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MS ·

Hoe gaan hy vandag in die hof verskyn as hy in n ernstigetoestand in die hospitaal le met steekwonde?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.