Vrou dood, kinders beseer in ongeluk

netcare911 1ʼn Vrou is dood en haar twee kinders is ernstig beseer in ʼn ongeluk op die R102 in Verulam buite Durban, KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê volgens ooggetuies het ʼn ander motor teen die gesin se motor gebots by ʼn verkeerslig.

Die vrou is uit die motor geslinger en het onder die ander motor te lande gekom. Sy is op die toneel dood verklaar. Die vrou se kinders is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal is vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.