ʼn Vrou is dood en haar twee kinders is ernstig beseer in ʼn ongeluk op die R102 in Verulam buite Durban, KwaZulu-Natal.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê volgens ooggetuies het ʼn ander motor teen die gesin se motor gebots by ʼn verkeerslig.
Die vrou is uit die motor geslinger en het onder die ander motor te lande gekom. Sy is op die toneel dood verklaar. Die vrou se kinders is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal is vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.