Vrou dood langs N1 gevind; familie gesoek

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie in Trompsburg in die Vrystaat is op soek na die familie van ʼn vrou wie se liggaam Donderdag vyf kilometer buite dié dorp op die N1 aangetref is.

Konst. Maselela Langa, woordvoerder van die polisie, sê die polisie vermoed in dié stadium die vrou is deur ʼn voertuig raakgery. Hy sê daar is egter nog geen konkrete bewyse oor die presiese oorsaak van die vrou se dood nie.

Langa sê die vrou se liggaam het met die aankoms van die polisie en nooddienste op die toneel langs die hoofweg gelê. Sy het ʼn sweetpaktop, ʼn rok waarvan die kleur onbekend is, en tekkies gedra. Volgens hom is die vrou wit van gelaat en sowat 1,6 m lank.

“Die polisie het in dié stadium geen leidrade oor hoe die vrou oorlede is nie. ʼn Nadoodse ondersoek is nog nie afgehandel nie, maar die uitslae van dié ondersoek kan vasstel waaraan die vrou dood is,” sê hy.

Langa sê die polisie reik nié ʼn foto van die vrou uit nie, aangesien dit te sensitief van aard is. Volgens hom het sy veelvuldige beserings opgedoen.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat die vrou kan uitken om onmiddellik met die polisie in verbinding te tree. Enigiemand met meer inligting word versoek om konst. Falithinjwa Sakeman by 082 446 0997 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lientjie ·

Hulle weet sy is wit van kleur, maar weet nie die kleur van haar rok nie. Eish……….

vissie ·

Vra ek nou maar net hoe kan die vrou uitgeken word sonder n foto?

Gestremde ·

Wat is die betekenis van “wit van gelaat? Dit kan wees blank, kleurling, moslem of albino. Die oorledende is vyf kilometer buite die dorp gevind en dalk deur ‘n motor raak gery? dit klink vir my verdag en eerder of sy uit ‘n bewegende motor gegooi is. Innige simpatie met die arme vrou en haar familie.

Ek glo ook ·

Ek glo ook sy is nie net raakgery nie. Ons moet optree teen hierdie wettelose regering, ons moet onsself bemagtig en aandring om as volwaardige beskermde burgers behandel te word. Genoeg is genoeg!

Eriz ·

Gestremde, Moslem is nie ‘n ras nie maar wel ‘n geloof hehehe. Jy bedoel seker maar Indiër.

Kaster ·

Eriz, moslems is dikwels maklik uitkenbaar aangesien daar sekere kleredragkodes is, enige info oor n persoon se klere, ras, ouderdom,hoogte, gewig ens is belangrik om deur te gee as hulle familie probeer opspoor, maar die polities korrektheid keer effektiewe opsporing.

Pop ·

Hopenlik gaan hulle later darem se of sy blanm indier of kleurling is. Hoe moet enigeen nou weet of hulle informasie oor haar het as hulle nie n benul het van hoe sy lyk nie.

Oom Kalahari ·

Hhhmm, ek ruik ‘n rot. Daar steek meer in die gebeurtenis en hoe kan ‘n rok se kleur nie bepaal word nie en wat van die sweetpaktop en tekkies se kleure. Watter kleur hare het sy en is dit kort of lank ens.

lvh ·

Weer n aanklag teen Metro. Voetgangers behoort nie op n snelweg nie. Ek praat hiermee in die algemeen. Deesdae is daar Voetgangers wat links en regs n snelweg oorsteek. Daar is selfs borde opgerig “pedestrians”. Op sommige plekke ontaard n taxi rank, mense word op en afgelaai op n snelweg. Metro trek mense af deur in die middel vd snelweg te gaan staan. Die motoris vertrek dan weer mt n spoed v 50km in die vinnige baan. Mens sien fietsryers op die snelweg, u-turns word gegooi. En dan gaan dit alles oor spoed?????? Nee! Metro moet vir n slag reëls begin toepas, dan sal hierdie tipe
Ongelukke voorkom word en nog vele daarna

Essa ·

Die Polisie werk waarskynlik met die veronderstelling dat mense wat ‘n vrou uit hulle familie of vriendekring vermis hulle sal kontak / gaan kyk of dit hulle vermiste persoon is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.