Vrou dood, man beseer in N1-ongeluk

Foto: ER24

ʼn Vrou is dood en ʼn man kritiek beseer nadat twee motors Donderdagmiddag trompop gebots het op die N1 naby die Kroonvaal-tolhek.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê toe hul paramedici op die toneel aankom, het hulle gesien die vrou se liggaam was in een van die motors vasgekeer. Sy het veelvuldige beserings opgedoen en is blykbaar op slag dood.

Die man is deur die Vrystaatse provinsiale nooddienste behandel en daarna per private helikopter na ʼn private hospitaal vir verder behandeling gebring.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, sê Meiring, maar die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.