Vrou dood, man ‘erg getraumatiseer’ ná roof

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Bathurst in die Oos-Kaap is op soek na twee verdagtes wat glo dié naweek ʼn man ernstig gewond het, sy vrou vermoor het en toe met net twee selfone op die vlug geslaan het.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Sondagoggend vroeg plaasgevind.

Volgens Govender is ʼn man, na bewering in sy 60’s, deur die twee verdagtes oorval toe hy ʼn geraas buite die huis gehoor en gaan ondersoek instel het.

“Die man het terugbaklei en probeer om die kombuisdeur toe te druk,” sê sy. “Een van die verdagtes was teen die hek en die ander een agter hom terwyl die struweling voortgeduur het. Die man is toe in sy bolyf gesteek.”

Govender sê die man se vrou is ook in haar bolyf gesteek toe sy gaan ondersoek instel het. Die vrou is op die toneel dood.

Volgens haar is net twee selfone op die toneel gesteel. Die man het na bewering die polisie ontbied en is per ambulans na die hospitaal gehaas. “Hy ly aan erge skok en is verskriklik getraumatiseerd,” sê sy.

Morgan Govender, bevelvoerder van die Port Alfred-polisiegroepering, het sy medelye aan die familie van die oorledene oorgedra. “Hierdie wrede daad van die genadelose aanvallers word ten sterkste veroordeel. Die polisie vra samewerking van die gemeenskap om te verseker dat die skuldiges boet.”

Die polisie ondersoek onder meer ʼn saak van huisroof en een van moord. Enigiemand met meer inligting word versoek om die misdaadnoodlyn by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Oom Kalahari ·

Nog ‘n sinnelose daad wat net statistiek word.”Hoe is dit net huisroof en moord” wat van poging tot moord ook op die man wat ook in die bolyf gesteek is?
Mense het net nie meer woorde nie en dit bly net elke dag om medelye asook simpatie oor te dra en bid en sterkte toe te wens op een familie na die ander. Ons kan en mag nie betrokke raak met interaksies nie, want jy word gejag en hoe meer tronk toe kan gaan des te beter om die ander uit te dun.
Mens skree al van frustrasies, word kwaad en bou haat op al hoe meer. Ek glo daar sal weer verstaan/vergifnis gee en allerhande liberale aanvalle wees, maar dit is ‘n foefie wat jou vra sit terug dat jy more vermoor kan word.

CJ ·

Sjoe, wat gaan in die Oos-Kaap aan. Amper so erg soos Gauteng!

Callie ·

Oom Kalahari, dit gaan nie ophou nie. Daar is al baie wat saamstem dat ons n eenheid moet wees en absoluut begin saamstaan. Nou net weer het CR plaasmoorde ignoreer. Jy moet totaal stiksienig wees om nie die ANC se hand in wat hier aangaan te sien nie. Asb, staan saam. Vergeet verskille oor jy nie van sekere forums hou nie. Nou gaan dit oor eenheid teen die uitwissing van die witman. Sluit aan by alle bewegings teen wit vernietiging. Baie belangrik, leiers van al die verenigings, stop julle egos en probleempies wat julle teen mekaar draai. Begin saamwerk. Magtig kan ons wees in eenheid. Asb

Pj kriger ·

Ek stem saam. Die tyd is hier om hande te vat regoor ons land, om in te skakel by organisasie wat veldtogte teen die evel steun.

Annie ·

MOENIE UITGAAN AS JY IETS HOOR NIE! Kontak jou buurtwag, maak alarm, bel iemand. Dit is ‘n doelbewuste modus operandi om oop toegang tot jou woning te verkry en jou so weerloos as moontlik te kry.

Altus ·

Jy is 100% korrek Annie, mense moet glad nie uitbeweeg nie!! Hul draai buite krane oop sodat jy uit moet gaan, maak geraas sodat jy moet uitbeweeg. Bly in jou huis, kontak dat mense van BUITE af IN kom, en nie anders om nie.

Tanzie ·

Elke dag in Suid-Afrika is slegs ‘n stryd om oorlewing. Wees bly as jy lewend vanaand in jou bed kan klim en wees bly as jy more oggend lewend opstaan.

JAN ·

daar gaan nie n dag om of daar is nie n voorval van roof, moord , of self moord
in die land . Ek glo nie eers al die voorvalle word van kennis geneem van wat ons hier lees.
ek dink CR is blind vir wat aangaan in die land .

Mads ·

Ek verstaan dit glad nie – daar word hoeveel keer gesê mense moenie uitgaan nie – hoekom doen hulle dit steeds?

Maggie ·

Mense, skakel gerus by Zello in.. dit is ‘n gratis landswye diens wat jou lewe kan red (het al menige lewens gered).
Gaan na Google Playstore, hulle het so ‘n oranje blokkie met ‘n hoofletter “Z”.
Laai dit af, skakel/roep in, en registreer. Baie maklik.

Hulle het kontak met nooddienste, polisie ens. in meeste dorpe / stede in SA, en lewer uitstekende bystand in meeste noodgevalle (stuur selfs ambulanse uit indien nodig), en het ook mediese personeel as deel van hulle beheer, wat gewoonlik telefonies bystand kan lewer, totdat die paramedici of ambulans daar opdaag.
Wanneer daar ingebreek word, of jy voel jou lewe word bedreig, daar hang mense in die area rond wat nie daar hoort nie, stuur hulle reaksie eenhede, of die polisie uit om te gaan ondersoek instel.
Dit is eerlikwaar ‘n baie goeie groep om van deel te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.