Vrou dood, man kritiek ná huisbraak

Die vrou is per helikopter na ‘n hospitaal vervoer. (Foto: Verskaf)

ʼn Vrou is dood en ʼn man in ʼn kritieke toestand nadat hulle Vrydagaand gedurende ʼn huisbraak in Randburg in Johannesburg geskiet is.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is nooddienste omstreeks 23:00 na ʼn woonkompleks in Boundaryweg in Cosmo City in Randburg ontbied waar ʼn man en ʼn vrou, vermoedelik albei 33 jaar oud, gedurende ʼn huisbraak geskiet is.

Die vrou het ʼn skietwond aan haar nek en bors opgedoen. Die man is in die oog geskiet, het Herbst gesê.

Die pasiënte is op die toneel behandel waarna die vrou weens die erns van haar beserings per helikopter na ʼn hospitaal vervoer is. Sy het egter later aan haar beserings beswyk.

Volgens Herbst is die man per ambulans na ʼn hospitaal gehaas.

Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

Maroela Media wag op terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Dries du Toit ·

So so tragies. Dan is daar nog so baie mense wat nie besef of glo daar is n oorlog aan die woed teen ons nie. So baie liberales sal nou die man oortuig om te vergewe en te vergeet

Johann M van Heerden ·

En so gaan dit aan en aan CR. Swaai die ou vlag met mening.

Nienie ·

Die plaasmoorde het oorgespoel na hoewes, stede en dorpe. Dis hoekom plaasmoorde jare gelede gepriotiseer moes word. Dit moes dadelik in die kiem gesmoor word. Die moorde het klaar hand uit geruk en die ANC regering SLAAP!

Dries du Toit ·

Nee nee Nienie. Jy slaap as jy dink die ANC slaap. Hulle is wawyd wakker. Hulle weet van die plaasmoorde. Hulle gee net nie om daaroor nie. Word wakker

Rooi Jan ·

Wat Dries sê is waar Nienie die ANC weet presies maar dit pas in by hul agenda hulle president voel die hitte moet nou aangedraai word op die paddas.

PJC ·

Ongelukkig dink mense nog hulle is veilig in woonkomplekse of sogenaamde veiligheidskomplekse wat al lankal nie meer die geval is nie. Inbrekers buit hierdie oorgerustheid uit want hulle weet baie mense in sulke komplekse het nie diefwering of alarms nie.

Melanie ·

Nee Nienie,die ANC doen alles BEHALWE slaap. Die opdrag om te moor kom juis van die regering af. Die moordenaars word nooit gevang nie want hulle voer opdragte uit “van bo” af. Ranazuma het dit duidelik gestel. Dit is die witman wat slaap terwyl sy buurman vermoor word.

Maxi ·

Ons bly ‘n klipgooi van daar en het net kamer toe gegaan gister aand toe die sirenes begin verby kom, seker 20 verskillende voertuie, en so 11:40 die helikopter. Dis regtig ontstellend om te hoor wat hier op ons voorstoep gebeur! ?

Johanna Botha ·

Freedom day ! ! Maar dis waarmer die burgers in die land moet cope !

Hendrik UAE ·

Ek verstaan nie.Waarom elke keer net een in die chopper laai en die ander een met n pad ambulans vervoer?Kan die chopper net een persoon hanteer ,moet die pad ambulans ook geld maak, of hoe? Ek meen die chopper is op pad hospitaal toe en in die geval was die man geskiet?

Hendrik van George ·

Snaaks GUN FREE SA het nog nie hulle monde uitgespoel oor vuurwapens nie. Hulle kerm en teem altyd oor vuurwapen eienaarskap.

Lourens ·

Onthou na 94 het Mandela en sy regering verwys dat n derde mag wat agter alles sit. En Mandela het niks gedoen oor plaasmoorde en die bedrog van sy ANC regering toe hy uitgetree het nie. Dit is hoekom dit gaan soos dit gaan.
Ons wit mense moes met die rekonsiale en versoenings kommisie sê ons is jammer wat ons verkeerd gedoen het.
Net so slaap die ANC regering nie hulle het n derde mag wat agter alles sit, plaas moorde wat hand uitgeruk het en nie gaan stop nie, klein hoewe moorde, nou stedelike moorde, transito roof togte en so kan ek aanhou.
Verskoon my as ek dit so stel ons glo ons moet bid daaroor en dat alles sal reg kom, sal dit wel? In die Bybelse sê tyd het al hierdie dinge gebeur, moorde ,oorloë ens en dit sal veraltyd so bly totdat almal gelowige Christine word. Amen

Hendrik ferreira ·

Dit word al erger en nog steeds doen die polisie niks om dit te voorkom nie

Mel ·

Ek as vrou voel so hartseer ek is vrou alleen maar as ek kon sou ek iets gedoen het. Niemand staan op nie hoekom doen ons mense niks om ons vrouens en kinders te beskerm nie. Help nie daar word net gepraat nie…Niemand staan saam nie! moet almal eers uitgewis word. Of immigreer. Dan is dit to little to late… waar is die groot bekke die suidlanders en al daai klomp wat so baie te sê gehad het… en die israel visie ouens jul praat almal net. Gelukkig het ons darem nog ons Vader .

Tess Riekert ·

Mel,

Tess Riekert gee om. Sy staan in die gap vir ons mense. Sy kan dit nie alleen doen nie. Sy het hande nodig om haar te help om ons blankes uit wit helkampe te kry!!! Waarom is ons mense so selfbehep? Groot organisasies skep net en sommige ‘artists’ bou lustig voort aan lekker vet pensioene …. maak nou en dan opslae met ‘n nuwe liedjie oor ‘saamstaan’ …vir ‘volk & vaderland’ … maar van doen kom niks. BOYF, Back on Your Feet, is die organisasie om te steun. Ondersteun hulle met hul kibbutz projek. Ons mense moet weer op hul voete kom en al hoe dit kan geskied is om hulle uit die situasie te haal …te rehabiliteer en in werke by ons eie besighede te kry . Dit het tyd geword dat BOER, SAKEMAN EN JAN PUBLIEK hande vat en die wa deur die drif trek. Ons mense is nie plakkers nie. Hulle moet uit die kampe kom.

Obserweer ·

Wit mense se oogklappe moet afval, almal loop deur onder misdaad nie net wit nie. Vroeer jare was wit woonbuurte geprioriseer. Ek help om my gebied te patrolleer wat help dit ons wys vinger die staat gaan nie help nie. Dit gaan veel erger in nie blanke gebiede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.