Vrou dood ná hyser opskiet

(Foto: pixabay)

ʼn Vrou is dood nadat ʼn hysbak by ʼn gebou in Doornfontein in Johannesburg skielik opgeskiet en naastenby op die 26ste verdieping tot stilstand gekom het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê die hyser het vinnig opgegaan en toe skielik tot stilstand gekom.

Die vrou het ʼn ernstige kopbesering opgedoen.

“Daar is probeer om die pasiënt te stabiliseer, maar daar was beperkte toegang tot die hysbak omdat dit baie onstabiel was. Ondanks alle moontlike pogings deur ʼn span professionele mense, het sy aan haar beserings beswyk,” het Campbell gesê.

Die vrou, vermoedelik in haar 40’s, is op die toneel dood verklaar.

Nog ʼn passasier kon deur ʼn spasie tussen die vloer en die hysbak se deur uitkruip.

Hy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die presiese omstandighede is onduidelik, maar die polisie is op die toneel vir verdere ondersoek,” het Campbell gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

SjN ·

Passasier klink nie reg nie, hysbak = taxi, geen instandhouding en onderhoud word gedoen nie

Cherokee ·

SJN, moet nooit soos in nooit woordgebruik afskiet sonder om ‘m alternatief voor te stel nie. Jy word gedaag.. liftryer miskien?

Cherokee ·

Ek neig tòg om met SJN saam te stem. Ek sou, as ek nie tyd gehad het om ‘n alternatief te soek, ‘gebruiker’ gebruik het.

Cherokee ·

Ons het nou ‘n vergadering gehad en my vrou sê ‘passasier is reg’. Woman are always right so jy het verloor, SJN.

Zaks ·

Passasiers is korrek. Huisbak VERVOER…JIP I SH_T YOU NOT…VERVOER MENSE DUS IS HULLE…….JAAAA PASSASIERS. KLAP HANDJIES NOU.

Phillip Groen ·

Wat min mense besef dat wat hier gebeur het eintlik ‘n groter gevaar is as die gevreesde “die hysbak gaan val”.

‘n Hysbak het ‘n “overspeed safety”, wat ‘n meganisme is wat inskop sodra ‘n hysbak afwaarts sy normale spoed met ‘n sekere spoed oorskry. Daar is verskeie tipes maar in beginsel werk dit so dat sodra die meganisme inskop dwing dit’n wig tussen die hysbak en die apore in, wat veroorsaak dat die vasteek en nie verder kan “val” nie. Verder het ‘n hyser ‘n teengewig wat die hysbak se gewig plus 50% van vrag weeg, om die motor te spaar. Dit beteken as die hysbak onder half vol is bestaan die gevaar vir die hysbak om “op te val”, want sou die motor vir watter rede ook al nie die hysbak kan “hou” nie dan sal die swaarder teengewig maak dat die hyser opwaarts beweeg.

Die teengewig het meestal nie so ‘n “overspeed safety” nie want regulasie bepaal dat dit slegs nodig is waar die hyserskag nie tot onder strek nie maar net waar daar verdiepings is waar mense kan beweeg, m.a.w. die “pit” is nie tot in die grond nie.

Sou ‘n briek of n motor op so ‘n hysbak faal en die vrag is onder half dan sou daar nie ‘n “overspeed” kan wees wat kan inskop nie. Was daar een wel teenwoordig, dan was die “overspeed safety” waarskynlik foutief weens watter rede ook al.

Anoniem ·

Ek nomineer jou vir die prys vir sinvolste kommentaar vir die jaar.

Susan vl ·

Kyk gerus na hulle rekord boeke van instandhouding…
Dalk nie gereeld getoets of instand gehou

Meraai ·

Jammer vir persoon wat oorledene, dis nou n ander riller dìe

anton ·

Ja Hysbakke en Roltrappe moet jaarliks geinspekteer word waar daar dan n sertifikaat uitgereik word dat dit veilig ens. is. ”Annexure B”
Net persone met die nodige vaardigheid en opleiding en van n geakkrediteerde instansie mag sulke inspeksies doen en sertifikaat uitreik.
Stel voor hulle kyk of dit op datum is.

Nerina ·

Ek het ‘n plaatjie in een van ons groot staatshospitale gesien dat die hysbakdienste en inspeksies deur die plaaslike munisipaliteit gedoen word.
Van daardie hysbakke se deure het gesukkel om toe te maak, van hulle het ruk-ruk beweeg. Ander het net nie gewerk nie. Toe ek daardie plaatjie lees het ek maar eerder die trappe begin gebruik.

George in Bloem ·

Good example of affirmative maintanance.Safe to say the lift has been “transformed”. My condolences to all concerned.

HESTER NEL ·

Ai wat maak die spelling saak van die woorde, die feit is iemand is dood en so onnodig………..

Blackie ·

Iemand is dood en julle baklei soos kinders oor wie taalkundig reg is. Wat is fout met julle?
Baie sterkte aan almal betrokke. Dit is tragies.

Bridget ·

Instandhouding verseker hier in ons land moet altyd eers gebeur. In plaas daarvan om alles net in stand te hou wag hulle dat ‘n ongeluk of paaie en brue in mekaar stort iemand vir sy lewe boet dan word die saak ondersoek en die einde van die dag kos dit soveel ekstra geld want niks word in stand gehou nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.