Vrou dood na motor onder vragmotor beland

Die ongelukstoneel. (Foto: ER24)

’n Vrou is Donderdag dood tydens ’n botsing met ’n vragmotor op die N17 tussen Trichardt en Kinross in Mpumalanga.

Volgens Ineke van Huystteen, woordvoerder van ER24, is paramedici kort voor 08:30 na die toneel ontbied waar die wrak van ’n motor onder die voorkant van ’n vragmotor ingedruk was.

Die bestuurder van die motor het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die vragmotor is ongedeerd.

Die oorledene is in die stadium nog nie geïdentifiseer nie.

Van Huystteen kon nie meer inligting verskaf oor hoe die ongeluk gebeur het nie. Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Destarte ·

Dit het ‘n week terug baie baie amper ook met my gebeur.
Ek was teen ‘n goeie 70km/h, 4:20am oppad werktoe. By die Wonderboom Junction kruising, besluit ‘n dubbel wa vragmotor dood luiters om reg voor my oor die kruising te draai, sonder ‘n flikkerlig van enige aard.
Daai drywer moes BAIE duidelik kon sien my spoed verminder nie, nogtans het hy geweet hy sal niks oor kom nie.
As ek 2 sekondes later reageer het, was ek onder daai vragmotor in en my vrou nou ‘n weduwee.
Van die drywers wéét, hy sit daar bo en sal niks oor kom nie, en hulle ry diensgevolge.

Anoniem ·

Hier het die vragmotor nie voor die person ingery nie. As jy die plaaslike koerant lees dan word daar gese dat die oorledene se voertuig uit haar baan oor beweeg het en toe onder die motor beland. Hoekom weet niemand.

Sê net ·

Destarte – die stukkie pad waarna jy verwys se spoedgrens is 60, nie 70 nie. As jy ‘n ongeluk gemaak het was jy aandadig aan jou eie skade.

Carien ·

Ons bly in Secunda en die N17 is n riller om te ry. Die mense gaan verby motors op dubbele sperstreep en verwag jy moet op die geelbaan ry om plek te maak. Die uiters gevaarlik want mens kan nie altyd sien wat in die noodbaan gebeur nie. Ons weier om dit te doen. Daar is geen respek meer vir padreëls nie. Ek weet nie wat die vrou gedoen het nie maar as sy in die trok se baan was, dan is woorde nie nodig nie. Innige meegevoel aan haar familie.

Linda ·

Tien teen een of selfoon boodskap gelees, of een getik. Hier op die N2 in die Kaap is dit algemene handeling. En as hulle so 40km per uur in die regterbaan beweeg, kan jy maar seker wees hulle aandag is nie op die pad nie. En as dit die geval was, dan het ek min simpatie….

Anoniem ·

Ai die mens. Verwag altyd die ergste wat van as die vrou n blackout gekry het, of epileptiese aanval of hartaanval gekry. wat as ? Maak nie saak sy is oorlede en my innige meegevoel met die familie. HY WAT OORDEEL SAL GEOORDEEL WORD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.