Vrou dood ná motor verskeie kere rol

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou is Sondag dood nadat haar motor verskeie kere gerol het op die R550 naby die Grasmere-tolhek buite Johannesburg.

Werner Vermaak, ER24 woordvoerder, het gesê nog ʼn vrou is in die ongeluk beseer. Die Renault-motor waarin hulle gery het, het glo verskeie kere gerol en in die veld langs die pad tot stilstand gekom.

“Toe paramedici op die toneel opdaag, het hulle ʼn vrou in die motor gevind. Sy is op die toneel dood verklaar,” het Vermaak gesê. ʼn Tweede vrou het ʼn paar meter van die voertuig af gelê nadat sy skynbaar uit die voertuig uit geslinger is.

“Sy is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal gehaas,” het hy gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nie in hierdie stadium bekend nie, maar polisiebeamptes was op die toneel om dit te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Daar is sovele dinge wat kan verkeerd loop wat buite ‘n bestuurder se vermoë is. Ervaring en vaardigheid agter die stuur laat hierdie moontlikhede aansienlik afneem. Ken jou motor en jou eie limiete en gaan oefen op ‘n grondpad hoe om jou voertuig te beheer. Al gaan ry jy net aan die begin saam met iemand wat weet wat hy doen om te sien wat aangaan. Oefen om uit te swaai vir goed wat onverwags in jou pad kom soos beeste en slaggate. Wat slaggate betref kan jy nie altyd uitswaai en dan is dit belangrik om te weet waar jou voertuig se wiele op die pad loop en veral die linker voorwiel. Voorgaande raad doen jy natuurlik op ‘n verlate pad sodat jy nie verkeer in gevaar stel.
Kortweg moet jy so bestuur dat jy binne jou vermoë bly. Moet egter ook nie so ry dat jy ‘n frustrasie is vir andere.
Maar bo alles: WEES GEDULDIG MET ANDER PADGEBRUIKERS.

Johann Marx ·

Peet, dit wat jy hier voorstel kan nie gebeur nie. 17 jarige kinders word vir 6-8 lesse volgens die K53 metode “afgerig” om hulle lisensies te kry….daarna word hulle op ons paaie losgelaat waar daar GEEN reels meer is nie. Op die hoofwee ry almal (selfs reuse trokke en busse) in die “middelbaan” vir een of ander onverklaarbare rede. Ek ry gereeld die pad tussen Krugersdorp en Pretoria met my motorfiets. As jy ‘n motor van agter nader, met GEEN verkeer in die linkerbaan nie, sal hulle NIE na die linkerbaan beweeg nie…maar selfs VERDER REGS ry…en jou “dwing” om links-om verby te steek. Waarom? Wie het mense geleer om so te bestuur?

Neels ·

Ek het gister so een op die pad gekry wat van agteraf ligte flikker en hy amper met drie mense saam met hom in die voertuig, kop aan kop met die aankomende verkeer gebots het. Ons sou ook deel van die botsing gewees het as ek nie gerem het nie, … en toe die motor met ‘n “seun” agter die wiel verby kom, het die “L” groot op die ruit gepryk.
Net die Here kan ons hieruit red …

Peet Schabort ·

Die K53, Johann, is ‘n absolute mislukking wat bestuursvaardigheid betref. Ek het na 54jaar ongeluksvry op die pad uit nuuskierigheid die boek gaan koop. Daarom stem ek saam met jou dat die loslaat van daardie KINDERS op ons paaie uiters onverantwoordelik is.

Winston ·

Die padreëls soos ons dit geken het, menere, het verdwyn saam met demokrasie. Almal in SA maak soos hulle wil wanneer hulle wil. Prioriteite is heeltemal verward soos die land se leiers wat sê ons “are moving forward”. Leeus is belangriker as boere en polisie beamptes. Waarom moet padreëls saak maak?

CHRISTA ·

Nie eers die metropolisie wil na jou luister wanneer jy ‘n gevaarlike aksie van ‘n motoris wil aanmeld wat amper ‘n ongeluk veroorsaak het nie. Jy moet hulle EERS GROET voordat hulle na jou luister en DIT nadat jy nog in skok is!!!

CHRISTA ·

‘Skuus Peet – dit moet lees …. terwyl jy nog in skok is!!!

Christa ·

Elke bestuurder is n gevaar vir ander, as jy jou oog van pad afhaal, en veral om met n foon in hand te bestuur. Amper elke 3de motorbestuurder het n foon in die hand. Mense die wat n ryskool gebruik om te leer, doen dalk nie als honderd persent reg nie. Maar moet ons nie eerder bekomerd wees oor die duisende wat hul lisensies koop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.