Vrou dood ná vrag op motor val

Argieffoto.

ʼn Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is Donderdag dood toe swaar industriële toerusting van die agterkant van ʼn vragmotor op haar motor neergestort het.

Paramedici van ER24 en Midvaal-brandweer het omstreeks 10:00 die motor en vragmotor in die middel van die M61 in Meyerton aangetref. Die industriële masjien het op die voorste helfte van die vrou se motor geval. Sy was in die motor vasgekeer en in ʼn kritieke toestand.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, moes die brandweer gespesialiseerde toerusting gebruik om die vrou uit die motor te bevry. Die vrou is deur paramedici behandel en met ʼn helikopter na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die vrou het in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Plaaslike owerhede was op die toneel en ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tiptol ·

Hoop daar gaan ‘n ondersoek wees om vas te stel of die toerusting goed vas was.

Pieter J ·

Iewers was iemand nalatig. Vrag wat reg vasgemaak word kan nie afval nie.

Cherokee ·

Etlike jare gelede het ‘n vraghouer van ‘n vragmotor op ‘n kar geval.

Karina ·

Sterkte aan familie, jammer oor verlies. Daar moet ondersoek gedoen word waarom dit gebeur het, nie goed genoeg vasgemaak nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.