Vrou dood, talle beseer in busongeluk

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Vrou is dood en meer as 40 mense beseer in ʼn busongeluk in Port Elizabeth in die Oos-Kaap.

Ao. Alwin Labans, woordvoerder van die polisie, het gesê die bus het glo teen ‘n stilstaande bakkie gebots voordat dit teen ʼn muur van die Standard Bank-gebou tussen Commercial- en Kempstonweg gebots het.

Volgens Labans is die 25-jarige busbestuurder se bloed vir alkohol getoets, maar dit het gewys dat hy geen alkohol ingeneem het nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag sowel as roekelose of nalatige bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Hoe sien die bestuurder nie ‘n stilstaande voertuig nie? Sjoe! Ek stem DPJ… Toets sy oë, dit klink of hy nie kan sien nie!

arie plaasboer ·

aan Sunette van Maroela Media,
As julle dan so gesteld is op ordentlikheid vieslike persoonlike opmerkingm Waarom laat julle dan twee sulke neerhalende opmerking soos hierbo toe as aanvaarbare kommentare.
Ek het lank laas sulke onverbloemde absolute neerhalende opmerking enige plek teegekom.

Ek sal erg verbaas wees as selfs hierdie kommentaar die lig van die dag sal sien, vanwee julle stiksienige houding.

Anny Penny ·

Ag nee plaasboer nou is jy belaglik. Dis tog heel goed moontlik dat dit die bestuurder se probleem kon wees en hulle wys dit as n moontlikheid uit. Niks snaaks daaromtrent nie.

Anny Penny ·

O ja wou ook nog sê veral oor hy geen alkohol in sy bloed gehad het nie was dit n baie geldige vraag.

DPJ ·

Ja, hoeveel ongeluke vind nie daagliks plaas wees swak sig van bestuuders?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.