Vrou dood, talle vas na geweld in Kaapstad

Foto: @BOSBEER2006/Twitter

Polisiebeamptes is in Samora Machel in Kaapstad ontplooi nadat geweld vroegoggend uitgebreek het.

ʼn Vrou is tydens die geweld dood en 21 verdagtes is reeds in hegtenis geneem, het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die presiese omstandighede rakende die vrou se dood is nog nie duidelik nie en word saam met die voorvalle van openbare geweld ondersoek.”

Volgens Traut het betogers vroegoggend die strate ingevaar en winkels begin plunder.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het gesê die geweld het uitgebreek nadat die polisie klopjagte op onwettige sjebeens in die area gedoen het.

ʼn Spar-winkel is geplunder. “Hulle het die heinings afgebreek en hierna die winkel se deur oopgebreek. Hulle het al hoe meer geraak en die Spar is leeg geplunder.”

Traut het gesê die verdagtes sal binnekort in die hof in Athlone verskyn. “Ons lede sal op hoë gereedheidsgrondslag in die area bly en die situasie monitor om seker te maak dat die geweld nie weer opvlam nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

rina ·

Hukum wag die SAPD tot die winkels geplunder word voor optrede … sal graag daardie antwoord wil hoor

Martin ·

Ag hou tog net op om die SAPD elke dag te wil kritiseer. Nie een van julle twee hierbo kan die polisie se werk enigsins doen nie. Regte “wannabes “

Pik by ·

Ag kom aan Martin. 85% van die polisiemag trek die uniform aan want dit kom gratis. Hoeveel van hulle onthou of het ooit geleer hoe polisie moet optree?

Koos de Meyer. ·

Wat ‘n pragtige beeld wat uitgestuur word na die buiteland. Maar dis mos die land van melk en heuning hierdie. Breek af brand, roof en wat nog. En daar word niks aan gedoen nie.

KrokodilBotha ·

Dis van laat wees en monitor dat die winkels so lyk. So wat hy se is hulle kan nie die geweld stop nie. Mnr Winde sal hopelik nou besef om die N2 te laat monitor ook useless is. Die misdaad wen polisie optredes lyk my nou elke dag. Weermag het ook bokkorol gehelp. Sal die DA premier se die weermag was nou n sukses op die vlakte. ?

Chris ·

Provinsiale regering wat DA is het weliswaar gevra vir weermag ondersteuning maar die weermag se optrede en dus invloed en sukses daarvan , nie onder hul jurisduksie. LW berig lees dat polisie hier opgetree het en na probleme ook ontplooi is.

KrokodilBotha ·

Da is al hoe lank in beheer van Kaapstad, maar die misdaad daar is van die hoogste in die wereld !! In my boek is dit n minus 10, en die DA het gefaal , na al die jare.

Likkewaan botha ·

Die weermag is onder anc beheer so hoekom beskuldig jy die da Vir dieolisie en weermag se mislukking?

Chelle ·

Ja breek af!!! Die belastingbetaler sal regmaak en betaal! Hierdie land sal nooit weer regkom nie

Stelling ·

Ek stem! Maar ja dis wat jy kry as jy die “slot van die hek afhaal”. Wat my kry is waar is die internasionale ingryping. Die realiteit is dat ons regering nie in staat is om die buitensporige misdaad te beveg nie. Suid Afrika en Afrika in geheel is pragtig maar ongelukkig nie n paradys nie.

Compensation ·

Jammer om dit weer te noem maar “leeg geplunder” is eintlik “expropriation without compensation “. Die ANC kry presies waarvoor hulle die lands wette will verander. Hierdie beelde moet daagliks aan die oorsese media verspei word.

Stuiwer ·

Ek hoop Spar en al die ander bekende winkelgroepe onttrek hul besighede uit dié areas. Dis te onveilig vir hul personeel en hulle verloor baie geld wanneer geplunder word.

PieterJohannes ·

Ja en as jy weer hoor, dan maak Spar al hulle winkels toe en dan verloor duisende hulle werk. Dan brand hulle weer omdat Spar sy deure toemaak.

Ystervark ·

Net so PieterJohannes dis soos om ñ donkie te leer praat. Hy verstaan nie!

Stuiwer ·

As ‘n mens so van al die geweld regoor die land hoor, en sien hoe die areas lyk waar dit voorkom, voel dit soos ‘n herhaling van opstande tydens die apratheidsregering. Hierdie keer het dit egter niks met apartheid te doen nie. Die land is wetteloos en dit voel of die regerring niks daaraan wil of kan doen nie. Die geweldenaars is in beheer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.