ʼn Vrou is dood nadat sy van ʼn brug oor ʼn hoofweg geval het.
Die vrou, wat volgens paramedici ongeveer 19 jaar oud is, is ernstig beseer toe sy van ʼn brug oor die N3 naby Shongweni in Kwa-Zulu Natal geval het.
“Paramedici van ER24 het kort ná 22:30 Vrydag op die toneel aangekom, waar die polisie reeds bystand verleen het. Hulle het paramedici gewys waar die vrou ongeveer 40 m diep in ʼn rotsskeur gelê het,” sê ER24 se woordvoerder Ineke van Huyssteen. “ER24 het met die reddingspoging begin.” Ander reddingspanne, waaronder Metro Rescue, Mountain Rescue en die polisie se soek-en-reddingspan, het later kom hand bysit om die vrou uit die rotsskeur te haal.
Ongeveer twee ure later is die vrou suksesvol na bo gebring. “Toe sy eers uit die skeur gered is, het ER24 se paramedici gesien sy het ernstige beserings opgedoen en gevorderde lewensreddingstegnieke is onmiddellik op haar toegepas,” sê Van Huyssteen.
“Sy is hospitaal toe geneem vir verdere behandeling, maar het ongelukkig ʼn kort ruk later in die hospitaal aan haar veelvoudige wonde beswyk en is dood verklaar.”
ER24 weet nie wat die presiese omstandighede is wat tot die voorval gelei het nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
” ……N3 buite Pretoria”…..
Die N3 is ver van Pretoria af.
Shongweni is tussen Durban en Pietermaritzburg
Nou weet ons ten minste waar die tragedie plaasgevind het. Ai mense is so selfgerig.
Die boyfriend het haar blykbaar af gestamp tydens n rusie
Hy het gevlug en is nog op soek
1ste keer wat ek hoor jy val van hoogte. Sy het seker maar van die hoogte gespring.